Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar sal Woensdag ’n hoë brandgevaar oor die westelike dele van die Vrystaat en die verre noordelike dele van die Noord-Kaap wees.

Die res van die land sal meestal mooiweerstoestande ervaar.

Gauteng:

Mooiweer en warm maar bewolk in die namiddag.

Pretoria 16 en 30

Johannesburg 15 en 28

Vereeniging 14 en 29

Hammanskraal 18 en 32

Springs 14 en 28

Mpumalanga:

Bewolk en warm met oggendmis teen die eskarp. In die Laeveld sal dit warm tot baie warm wees terwyl die Hoëveld donderbuie kan verwag.

eMalahleni 16 en 28

Mbombela 17 en 29

Standerton 13 en 27

Ermelo 14 en 26

Limpopo:

Bewolk en warm met oggendmis teen die eskarp. In die westelike dele van die Bosveld en die Laeveld sal dit warm tot baie warm wees terwyl die donderbuie in die suidooste kan voorkom.

Thohoyandou 20 en 33

Thabazimbi 20 en 32

Polokwane 17 en 28

Tzaneen 18 en 32

Noordwes:Mooiweer en warm toestande sal oor die hele provinsie voorkom.

Rustenburg 16 en 31

Mahikeng 16 en 33

Potchefstroom 15 en 32

Taung 14 en 36

Vrystaat:

Mooiweer en warm toestande sal oor die gebied heers.

Bloemfontein 14 en 32

Welkom 16 en 31

Bethlehem 11 en 30

Noord-Kaap:

Dit sal gedeeltelik bewolk teen die kus wees, andersins sal dit mooiweer en warm tot baie warm wees. Die wind teen die kus sal suid tot suidoostelik waai.

Alexanderbaai 15 en 26

Springbok 16 en 35

Upington 16 en 40

Kimberley 13 en 35

Springbok 16 en 35

De Aar 15 en 34

Wes-Kaap:

Bewolk teen die suidkus en die aangrensende binneland. Ligte oggendreën sal in die Overbergdistrik voorkom. Gedeeltelike koel tot warm toestande sal oor die provinsie heers behalwe aan die Weskus en aangrensende binneland waar dit baie warm sal wees.

Die wind sal teen die kus matig tot sterk in ’n suidelike tot suidwestelike rigting waai, teen die middag sal ’n sterk oostewind waai.

Vredendal 14 en 34

Worcester 14 en 32

George 15 en 20

Beaufort-Wes 16 en 34

Vredendal 14 en 34

Oos-Kaap:Die westelike dele van die Oos-Kaap sal mooiweer en warm wees met bewolkte toestande in die suide. Dit sal teen die aand in die suide reën. Die wind sal in ’n suidwestelike rigting waai maar teen die middag sal ’n sterk oostewind waai.

Die oostelike dele van die Oos-Kaap sal mistige weer teen die eskarp ondervind terwyl dit andersins mooiweer en warm sal wees. in die suide sal dit bewolk wees met reën in die namiddag. die wind sal matig tot fris suidwes waai.

Graaff-Reinet 11 en 32

Queenstown 12 en 31

Port Elizabeth 16 en 24

Oos-Londen 15 en 26

Mthatha 13 en 29

KwaZulu-Natal:

Mooiweer en warm tot baie warm in die noordelike dele van die provinsie. Die wind sal teen die kus matig oos tot noordoos waai. ’n Ligte suidelike briesie sal tussen Durban en Margate waai.

Durban 19 en 28

Richardsbaai 20 en 31

Ulundi 17 en 32

Newcastle 14 en 32

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.