Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen toestande wat wegholveldbrande oor dele van die Noord-Kaap en die Cederberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap kan meebring.

Die weerdiens sê die Khai-Ma-, Hantam- en Kamiesberg-munisipaliteit in die Noord-Kaap word geraak. Oor die Cederberg-munisipaliteit word buitengewoon warm toestande verwag.

Die weerdiens het ’n weerwaak uitgereik vir hewige donderstorms met moontlike hael, sterk winde en swaar reën oor die suidelike en westelike binneland van die Noord-Kaap, die westelike deel van die Oos-Kaap asook oor die noordwestelike binneland van die Wes-Kaap.

Dié weerstoestande kan tot oorstromings lei.

Oorstromings kan ook in die oostelike deel van die Oos-Kaap en die suidelike deel van KwaZulu-Natal, wat die kusgebied suid van Richardsbaai insluit, voorkom. Hier word swaar reën verwag.

Gauteng

Bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie, maar enkele buie in die noorde.

*Pretoria: 18 °C en 28 °C

*Johannesburg: 16 °C en 25 °C

*Vereeniging: 16 °C en 26 °C

Mpumalanga

Bewolk in die ooste met oggendmiskolle. Dit word andersins gedeeltelik bewolk met enkele buie en donderbuie, maar verspreid in die verre suide.

*Mbombela: 22 °C en 29 °C

*Standerton: 17 °C tot 26 °C

*Ermelo: 16 °C tot 26 °C

Limpopo

Bewolk in die ooste met oggendmiskolle, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie in die verre suide.

*Polokwane: 20 °C en 30 °C

*Mokopane: 20 °C tot 33 °C

*Tzaneen: 20 °C tot 31 °C

Noordwes

Baie warm in die verre noordooste. Andersins bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie.

*Mahikeng: 19 °C en 30 °C

*Vryburg: 19 °C en 28 °C

*Rustenburg: 18 °C tot 30 °C

Vrystaat

Bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie.

*Bloemfontein: 15 °C en 24 °C

*Kroonstad: 16 °C tot 23 °C

*Welkom: 17 °C tot 23 °C

Noord-Kaap

Bewolk met oggendmis langs die kus waar dit koel sal wees. Andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot verspreide buie en donderbuie oor die binneland.

*Kimberley: 19 °C en 27 °C

*Upington: 25 °C en 32 °C

*Springbok: 19 °C tot 33 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk tot bewolk met ligte reën langs die verre oostelike dele van die suidkus waar dit koel sal wees. Op Plekke in die weste sal dit sonnig en baie warm tot bloedig warm word.

*Kaapstad: 19 °C en 33 °C

*George: 17 °C en 31 °C

*Worcester: 19 °C tot 37 °C

Oos-Kaap

Bewolk in die oggend en warm tot baie warm later in die dag in die westelike deel van die provinsie. Bewolk en warm met ligte reën kuslangs in die oggend in die oostelike deel van die provinsie.

*Port Elizabeth: 19 °C en 29 °C

*Oos-Londen: 20 °C en 28 °C

*Graaff-Reinet: 16 °C tot 33 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk en warm, maar koel in die suide. Reën en verspreide buie word verwag.

Die wind langs die kus waai matig oos tot suidoos.

*Durban: 22 °C en 26 °C

*Richardsbaai: 21 °C en 27 °C

*Pietermaritzburg: 17 °C en 24 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.