Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor toestande Woensdag wat tot wegholbrande in die Richtersveld en Nama Khoi-gebiede in die Noord-Kaap kan lei.

Erge ryp word ook Woensdagoggend in die Vrystaat, die sentrale en westelike dele van Noordwes, die oostelike dele van die Noord-Kaap, asook die noordelike binneland van die Oos-Kaap, verwag. Baie koue toestande sal in die noordelike hoogliggende dele van die Oos-Kaap voorkom.

Gauteng

Sonnig en koud.

• Pretoria: 0 °C tot 17 °C

• Johannesburg: -3 °C tot 14 °C

• Vereeniging: -4 °C tot 14 °C

Mpumalanga

Bewolk in die oggend in die ooste met mis langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koud tot koel. Sonnig op die Hoëveld.

• Mbombela: 5 °C tot 16 °C

Limpopo

Bewolk in die oggend in die ooste met mis langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koud tot koel met sonnige weer in die suidelike en suidwestelike dele.

• Polokwane: 2 °C tot 16 °C

Noordwes

Erge ryp in die noordooste, andersins sonnig en koel.

• Mahikeng: -1 °C tot 19 °C

• Vryburg: -4 °C tot 17 °C

Vrystaat

Erge ryp, andersins sonnig en koel.

• Bloemfontein: -7 °C tot 13 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik erge ryp in die ooste, andersins sonnig en koel met warm weer langs die kusgebied met die moontlikheid van ’n stofstorm in die verre noordweste.

• Kimberley: -6 °C tot 15 °C

• Upington: -2°C tot 17 °C

Wes-Kaap

Sonnig en koel tot koud in plekke in die suidwestelike, asook oostelike, binneland.

• Kaapstad: 9 °C tot 18 °C

• George: 7 °C tot 18 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit bewolk en koel wees met die moontlikheid van reën in die oggend op plekke in die suidweste, andersins gedeeltelik bewolk en koud. Sonnig later in die dag.

In die oostelike dele sal dit baie koud wees in die noorde, andersins gedeeltelik bewolk en koud. In die oggend sal dit in die suidweste bewolk wees met gepaardgaande motreën. Sonnige weer word vir later die middag voorspel.

• Port Elizabeth: 6 °C tot 16 °C

• Oos-Londen: 9 °C tot 18 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk met enkele buie langs die kus in die oggend, andersins sonnig en koel met koue weer in die suidweste.

• Durban: 10 °C tot 18 °C

• Richardsbaai: 10 °C tot 18 °C

• Pietermaritzburg: 2 °C tot 16 °C

Meer oor:  Weer In Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.