Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing vir Woensdag uitgereik oor ’n stormsterk wind van 62 km/h tot 74 km/h tussen Kaappunt en Kaap-Agulhas. Deinings van tussen 6 m en 7 m hoog word ook verwag. Die wind sal ook later die dag in Plettenbergbaai waai.

Gauteng

Sonnig en koel maar warm in die noorde.

• Pretoria: 6 °C tot 25 °C

• Johannesburg: 4 °C tot 23 °C

• Vereeniging: 2 °C tot 24 °C

Mpumalanga

Sonnig en warm. 

• Mbombela: 11 °C tot 28 °C

Limpopo

Sonnig en warm.

• Polokwane: 5 °C tot 27 °C

Noordwes

Sonnig en warm.

• Mahikeng: 2 °C tot 27 °C

• Vryburg: 1 °C tot 22 °C

Vrystaat

Sonnig en koel.

• Bloemfontein: -2 °C tot 18 °C

Noord-Kaap

Mis in die oggend langs die kusgebied, andersins gedeeltelik bewolk en koel maar koud in die suide.

• Kimberley: -2 °C tot 21 °C

• Upington: -1 °C tot 20 °C

Wes-Kaap

Bewolk en koud in die weste en suidweste met ligte reën, andersins gedeeltelik bewolk en koel.

• Kaapstad: 12 °C tot 15 °C

• George: 8 °C tot 19 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit aanvanklik gedeeltelik bewolk wees in die weste, andersins sonnig en koel. In die oostelike dele sal dit gedeeltelik bewolk wees in die suidooste, andersins ook sonnig en koel.

• Port Elizabeth: 11 °C tot 19 °C

• Oos-Londen: 11 °C tot 21 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk in die ooste, andersins sonnig en koel met warm weer in die noorde.

• Durban: 13 °C tot 22 °C

• Pietermaritzburg: 6 °C tot 23 °C

Meer oor:  Weervoorspelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.