Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku ’n groot kans op wegholbrande bestaan Woensdag in die suidoostelike dele van Noordwes asook die oostelike dele van die Vrystaat en suidelike hoëveld van Mpumalanga.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie in die middag.

• Pretoria: 16 °C tot 29 °C

• Johannesburg: 13 °C tot 27 °C

• Vereeniging: 11 °C tot 27 °C

Mpumalanga

Aanvanklik miskolle in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Donderbuie later in die dag.

• Mbombela: 14 °C tot 29 °C

Limpopo

Aanvanklik bewolk in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met donderbuie later in die dag.

• Polokwane: 12 °C tot 30 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm. Sonnig in die weste in die middag met enkele buie en donderbuie in die ooste.

• Mahikeng: 12 °C tot 28 °C

• Vryburg: 7 °C tot 27 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en koel tot warm maar sonnig in die suide. Enkele buie en donderbuie in die ooste later in die dag.

• Bloemfontein: 2 °C tot 25 °C

Noord-Kaap

Sonnig en koel tot warm. Gedeeltelik bewolk en koud in die suide met mis wat in die oggend sal voorkom.

• Kimberley: 4 °C tot 24 °C

• Upington: 0 °C tot 23 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koud oor die suidweste met bewolkte weer en reën in die middag, andersins sonnig tot gedeeltelik bewolk en koel maar bewolk langs die suidkus waar ligte reën vir die aand voorspel word.

• Kaapstad: 10 °C tot 16 °C

• George: 5 °C tot 20 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit aanvanklik bewolk wees op plekke, maar andersins sonnig en koel. Dit sal later bewolk word met enkele ligte reënbuie langs die kusgebied aan die westekant van Kaap St. Francis.

In die oostelike dele sal dit aanvanklik bewolk wees met enkele reën langs die kusgebied, andersins sonnig en koel.

• Port Elizabeth: 9 °C tot 19 °C

• Oos-Londen: 12 °C tot 23 °C

KwaZulu-Natal

Aanvanklik gedeeltelik bewolk met mis oor die binneland en reën in die ooste, andersins warm maar koel op plekke in die suide. Enkele buie en donderbuie word later in die dag in die noorde verwag.

• Durban: 15 °C tot 25 °C

• Richardsbaai: 16 °C tot 30 °C

• Pietermaritzburg: 10 °C tot 27 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.