Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat ’n hewige kouefront die Wes- en Noord-Kaap Woensdag gaan tref.

Inwoners, en veral kleinveeboere, word daarop gewys dat sneeu, sterk wind, swaar reën, oorstromings en baie koue toestande verwag word. Vloede kan Woensdagaand in die Overberg- en Tuinroete-streek in die Wes-Kaap voorkom.

Hewige donderstorms met moontlike vloede in laagliggende gebiede, swak sigbaarheid op paaie en stormsterk wind wat skade aan informele nedersettings kan aanrig, word tussen 17:00 en 21:00 in Gauteng, die noordoostelike dele van Noordwes, die westelike Hoëveld van Mpumalanga, die westelike Bosveld in Limpopo en die verre noordoostelike dele van die Vrystaat verwag. ’n Groot moontlikheid op wegholveldbrande word ook Woensdag in die Noord-Kaap verwag, die westelike dele van die Vrystaat en Noordwes.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met verspreide donderbuie.

• Pretoria: 10 °C tot 25 °C

• Johannesburg: 9 °C tot 23 °C

• Vereeniging: 7 °C tot 24 °C

Mpumalanga

Miskolle in die oggend oor die platorand, andersins bewolk en koud tot koel met enkele donderbuie wat meer verspreid oor die westelike Hoëveld sal voorkom.

• Mbombela: 14 °C tot 18 °C

Limpopo

Miskolle in die oggend oor die platorand, andersins bewolk en koel tot warm met enkele donderbuie wat meer verspreid oor die westelike Bosveld sal voorkom.

• Polokwane: 13 °C tot 25 °C

Noordwes

Sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk met donderbuie later die dag.

• Mahikeng: 10 °C tot 28 °C

• Vryburg: 2 °C tot 29 °C

Vrystaat

Sonnig en koel. Gedeeltelik bewolk met donderbuie in die noordelike en oostelike dele later die dag.

• Bloemfontein: 0 °C tot 25 °C

Noord-Kaap

Sonnig en koel tot warm. Koud in die suide met ryp in die oggend.

• Kimberley: 5 °C tot 31 °C

• Upington: 7 °C tot 27 °C

Wes-Kaap

Sonnig in die weste en noordooste in die oggend, andersins bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel tot koud in die suidweste waar reën later die dag verwag word wat teen die aand na die suidooste sal beweeg. Moontlike vloede kan Woensdagaand in die Overberg- en Tuinroete-streek voorkom.

• Kaapstad: 12 °C tot 17 °C

• George: 7 °C tot 17 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit aanvanklik gedeeltelik bewolk oor die binneland wees, andersins sonnig en koel maar warm op plekke in die binneland. Gedeeltelik bewolk met enkele reënbuie in die suide later die dag.

In die oostelike dele sal dit aanvanklik gedeeltelik bewolk wees, andersins sonnig en koel. Gedeeltelik bewolk met enkele reënbuie in die suidooste later die dag.

• Port Elizabeth: 10 °C tot 20 °C

• Oos-Londen: 12 °C tot 23 °C

KwaZulu-Natal

Aanvanklik bewolk met mis in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en koel. Enkele reënbuie sal in die oggend voorkom met donderbuie later die dag.

• Durban: 15 °C tot 21 °C

• Richardsbaai: 16 °C tot 21 °C

• Pietermaritzburg: 9 °C tot 22 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.