Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het nie enige waarskuwings vir Woensdag uitgereik nie.

Duiwe rus op kragdrade in die Pretoria. Foto: Deaan Vivier
Gauteng
Sonnig, maar gedeeltelik bewolk later die dag.
• Pretoria: 14 °C tot 28 °C
• Johannesburg: 12 °C tot 26 °C
• Vereeniging: 11 °C tot 27 °C
Mpumalanga
Bewolk in die oggend met miskolle en motreën oor die platorand, andersins koel tot warm. Gedeeltelik bewolk later die dag.
• Mbombela: 10 °C tot 20 °C
Limpopo
Aanvanklik bewolk met miskolle en motreën oor die platorand, andersins bewolk en koel tot warm.
• Polokwane: 12 °C tot 21 °C
Noordwes
Sonnig en warm. Baie warm in die weste.
• Mahikeng: 16 °C tot 32 °C
• Vryburg: 13 °C tot 33 °C
Vrystaat
Miskolle in die oggend oor die verre oostelike dele waar dit gedeeltelik bewolk sal wees, andersins sonnig en warm.
• Bloemfontein: 11 °C tot 30 °C
Noord-Kaap
Sonnig en warm tot baie warm.
• Kimberley: 13 °C tot 35 °C
• Upington: 16 °C tot 33 °C
Wes-Kaap
Sonnig en warm maar koel langs die suidkus.
• Kaapstad: 13 °C tot 26 °C
• George: 9 °C tot 20 °C
Oos-Kaap
In die westelike dele sal dit sonnig en koel wees.
In die oostelike dele sal dit aanvanklik bewolk wees maar sonnig en koel later die dag.
• Port Elizabeth: 11 °C tot 20 °C
• Oos-Londen: 13 °C tot 21 °C
KwaZulu-Natal
Mis in die oggend oor die binneland, andersins bewolk en koel.
• Durban: 15 °C tot 21 °C
• Richardsbaai: 16 °C tot 21 °C
• Pietermaritzburg: 10 °C tot 19 °C.