Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat hewige donderstorms Woensdag tot oorstromings in Limpopo en die hoëveld van Mpumalanga kan lei.
Gauteng
Sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie in die noorde later die dag.
• Pretoria: 16 °C tot 31 °C
• Johannesburg: 14 °C tot 30 °C
• Vereeniging: 14 °C tot 30 °C
Mpumalanga
Gedeeltelik bewolk in die weste, andersins bewolk en koel tot warm met verspreide donderbuie. Enkele donderbuie word in die suidweste verwag.
• Mbombela: 17 °C tot 24 °C
Limpopo
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie wat in die verre suide sal voorkom.
• Polokwane: 9 °C tot 26 °C
Noordwes
Gedeeltelik bewolk in die verre ooste met enkele donderbuie in die middag, andersins sonnig en warm.
• Mahikeng: 15 °C tot 32 °C
• Vryburg: 14 °C tot 33 °C
Vrystaat
Gedeeltelik bewolk in die verre ooste met enkele donderbuie, andersins sonnig en warm tot baie warm.
• Bloemfontein: 10 °C tot 26 °C
Noord-Kaap
Aanvanklik bewolk in die weste, andersins sonnig en koel tot warm.
• Kimberley: 12 °C tot 25 °C
• Upington: 13 °C tot 28 °C
Wes-Kaap
Aanvanklik bewolk tot gedeeltelik bewolk, andersins sonnig en koel tot warm.
• Kaapstad: 14 °C tot 20 °C
• George: 12 °C tot 20 °C
Oos-Kaap
In die weste sal dit bewolk langs die kusgebied en die aangrensende binneland wees, andersins sonnig en koel.
In die ooste sal dit sonnig en warm in die verre noordweste wees, andersins bewolk en koel met enkele buie wat meer verspreid in die suidooste sal voorkom.
• Port Elizabeth: 14 °C tot 20 °C
• Oos-Londen: 15 °C tot 21 °C
KwaZulu-Natal
Bewolk en koel, maar koud in die suidweste met verspreide donderbuie. Enkele donderbuie word in die weste verwag.
• Durban: 18 °C tot 21 °C
• Richardsbaai: 20 °C tot 23 °C
• Pietermaritzburg: 14 °C tot 17 °C