Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen stormsterk wind die namiddag oor die diepsee tussen Lamberts- en Bettiesbaai, asook ’n brandgevaar in die Noord-Kaap.

Die weerdiens voorspel toestande wat veldbrande in die Nama-Khoi- en Kamiesberg-munisipaliteit in die Noord-Kaap kan meebring.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie.

• Pretoria: 16 °C tot 29 °C

• Johannesburg: 15 °C tot 27 °C

• Vereeniging: 16 °C tot 28 °C

Mpumalanga

Bewolk in die ooste met miskolle langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel met enkele buie en donderbuie in die namiddag, maar verspreid in die Hoëveld.

• Mbombela: 19 °C tot 21 °C

Limpopo

Bewolk in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Enkele buie en donderbuie in die namiddag, maar verspreid in die suidweste.

• Polokwane: 18 °C tot 23 °C

Noordwes

Sonnig en warm tot baie warm, maar word gedeeltelik bewolk in die verre ooste met enkele buie en donderbuie.

• Mahikeng: 15 °C tot 31 °C

• Vryburg: 15 °C tot 33 °C

Vrystaat

Sonnig en warm, maar word gedeeltelik bewolk oor die oostelike dele met enkele buie en donderbuie.

• Bloemfontein: 9 °C tot 29 °C

Noord-Kaap

In die oggend sal dit gedeeltelik bewolk in die suide wees, andersins sonnig en warm tot baie warm. Dit sal koel langs die kus wees.

Die wind langs die kus waai matig tot taamlik sterk suid tot suidoos en word die aand sterk.

• Kimberley: 12 °C tot 31 °C

• Upington: 15 °C tot 32 °C

Wes-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel, maar warm in die noordoostelike en die noordwestelike dele. Dit word die namiddag sonnig in die noorde.

Die wind langs die kus waai taamlik sterk tot sterk suid tot suidoos.

• Kaapstad: 14 °C tot 22 °C

• George: 14 °C tot 20 °C

O os-Kaap

Bewolk en koel, met ligte buie op plekke. In die binneland sal dit die namiddag sonnig word.

Die wind waai taamlik sterk tot suidwes, maar word in die ooste deel taamlik sterk suid in die namiddag.

• Port Elizabeth: 14 °C tot 21 °C

• Oos-Londen: 14 °C tot 20 °C

KwaZulu-Natal

Warm in die noordweste, andersins bewolk en koel met enkele buie en donderbuie.

Die wind langs die kus waai matig tot taamlik sterk suid tot suidwes.

• Durban: 19 °C tot 22 °C

• Richardsbaai: 20 °C tot 23 °C

• Pietermaritzburg: 14 °C tot 18 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.