Daar is Woensdag ’n groot kans op brande in die Sentraal-Karoo-distrik van die Wes-Kaap, sowel as in die weste en noordweste van die Oos-Kaap.
Gauteng
Aanvanklik bewolk, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie in die middag.
- Pretoria: 20 °C tot 32 °C
- Johannesburg: 18 °C tot 30 °C
- Vereeniging: 19 °C tot 31 °C
Mpumalanga
Baie warm in die Laeveld, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie in die Hoëveld.
- Mbombela: 21 °C tot 33 °C
- Standerton: 15 °C tot 31 °C
- Ermelo: 16 °C tot 30 °C
Limpopo
Baie warm in die Laeveld en Limpopo-vallei, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie in die suidweste.
- Polokwane: 20 °C tot 32 °C
- Mokopane: 22 °C tot 34 °
- Tzaneen: 21 °C tot 34 °C
Noordwes
Koel tot warm; dit word gedeeltelik bewolk met enkele buie en donderbuie.
- Mahikeng: 20 °C tot 33 °C
- Vryburg: 20 °C tot 33 °C
- Rustenburg: 21 °C tot 33 °C
Vrystaat
Miskolle in die oggend in die ooste, andersins koel tot warm. Gedeeltelik bewolk in die weste.
- Bloemfontein: 18 °C tot 27 °C
- Kroonstad: 19 °C tot 31 °C
- Sasolburg: 18 °C tot 31 °C
Noord-Kaap
Bewolk met miskolle in die oggend in die noordwestelike dele, andersins koel tot warm, maar baie warm in die noordooste, waar verspreide donderbuie verwag kan word.
- Kimberley: 20 °C tot 30 °C
- Upington: 20 °C tot 35 °C
- Springbok: 12 °C tot 28 °C
Wes-Kaap
Bewolk oor die oostelike dele en langs die weskus met mis en motreën in die oggend in die suidwestelike dele, andersins koel tot warm. Dit word die middag bewolk langs die suidkus.
- Kaapstad: 17 °C tot 23 °C
- George: 15 °C tot 23 °C
- Worcester: 15 °C tot 31 °C
Oos-Kaap
Gedeeltelik bewolk en warm.
- Port Elizabeth: 19 °C tot 24 °C
- Oos-Londen: 20 °C tot 24 °C
- Graaff-Reinet: 17 °C tot 32 °C
KwaZulu-Natal
Miskolle in die oggend in die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm in die noordooste. Dit word die middag bewolk in die suide met verspreide buie en donderbuie behalwe in die noordooste.
- Durban: 22 °C tot 27 °C
- Richardsbaai: 21 °C tot 30 °C
- Pietermaritzburg: 20 °C tot 28 °C