Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Toestande Woensdag is gunstig vir wegholveldbrande in die suidwestelike dele van die Kaapse Wynlande, die Swartland- en Matzikama-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap asook Kamiesberg in die Noord-Kaap, sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm, Baie warm in die noorde.

• Pretoria: 16 °C tot 33 °C

• Johannesburg: 15 °C tot 30 °C

• Vereeniging: 16 °C tot 30 °C

Mpumalanga

Aanvanklik bewolk in die ooste met miskolle in die oggend oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm. Baie warm in die Laeveld met enkele donderbuie.

• Mbombela: 17 °C tot 29 °C

Limpopo

Aanvanklik bewolk in die ooste met miskolle in die oggend oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm. Baie warm in die westelike Bosveld. Enkele donderbuie in die Laeveld en in die noorde.

• Polokwane: 17 °C tot 29 °C

Noordwes

Sonnig en baie warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie later die dag.

• Mahikeng: 19 °C tot 32 °C

• Vryburg: 22 °C tot 34 °C

Vrystaat

Baie warm in die weste, andersins sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie oor die sentrale en oostelike dele later die dag.

• Bloemfontein: 19 °C tot 33 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik koel en bewolk aan die kus, andersins sonnig en warm tot baie warm. Uitermatig warm in die noorde, waar dit later gedeeltelik bewolk sal wees met enkele donderbuie.

• Kimberley: 19 °C tot 34 °C

• Upington: 22 °C tot 38 °C

Wes-Kaap

Aanvanklik bewolk tot gedeeltelik bewolk oor die oostelike en suidoostelike dele, andersins sonnig en warm tot baie warm. Uitermatig warm op plekke in die binneland. Bewolk en koel aan die suidkus met ligte reën in die oggend.

• Kaapstad: 18 °C tot 28 °C

• George: 16 °C tot 24 °C

Oos-Kaap

In die weste sal dit bewolk en koel wees met ligte reën op plekke langs die kusgebied, andersins bewolk en warm. Sonnig in die binneland later die dag.

In die ooste sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees met enkele donderbuie in die noordelike dele. Bewolk en koel met ligte reën oor die platorand met mis in die oggend.

• Port Elizabeth: 17 °C tot 23 °C

• Oos-Londen: 20 °C tot 24 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk in die noorde, andersins bewolk en warm maar koel in die suidweste met enkele donderbuie.

• Durban: 22 °C tot 27 °C

• Richardsbaai: 22 °C tot 27 °C

• Pietermaritzburg: 18 °C tot 25 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.