Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dief doen ernstige brandwonde op

’n Dief wat Donderdagoggend in Pretoria glo besig was om kragkabels te steel, het ernstige brandwonde opgedoen en dokters glo hy sal dalk nie oorleef nie.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, sê hulle het omstreeks 07:00 inligting ontvang oor vier mense wat agter die Pretoria-Wes-hospitaal kragkabels opgrawe.

Vier verdagtes was glo besig om kragkabels agter die Pretoria-Wes-hospitaal te steel.Foto: Verskaf

“Terwyl die polisiebeamptes op pad was, is hulle ingelig dat drie van die verdagtes gevlug het. ’n Vierde verdagte was besig om na die hospitaal te loop,” sê Mahamba.

Die beamptes het na die hospitaal gery waar verpleegsters bevestig het dat ’n man ingeloop het met ernstige brandwonde.

Die man is onder polisiebewaking in die hospitaal.

Die dokters vermoed die brandwonde is veroorsaak deur die kragkabels wat hy besig was om te steel.

“Indien hy wel oorleef, sal hy reguit in polisieaanhouding gaan sodra hy uit die hospitaal ontslaan word. Hy sal aangekla word van kabeldiefstal.”

Hy sê die metropolisie soek na die drie ander verdagtes.

“Kabeldiefstal veroorsaak nie net kragonderbrekings nie, maar is ook ’n ernstige gevaar vir die gemeenskap omdat lewendige kragkabels dikwels net so gelaat word. Dié voorval moet ’n les wees vir mense wat kragkabels steel,” sê Mahamba.

Meer oor:  Pretoria  |  Kabeldiefstal  |  Dief  |  Brandwonde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.