Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Diefstal van hoofkabel: ‘Begin water opgaar’

Kragtoevoer in Emfuleni is Maandagoggend herstel, maar watertoevoer in die betrokke gebiede sal eers teen laatmiddag ten volle herstel wees, het EWN getwiet.


Inwoners van sekere buurte aan die Witwatersrand en in Vereeniging moet weens ’n dreigende tekort begin water opgaar, het die munisipaliteit van Emfuleni gewaarsku.

Stanley Gaba, munisipale woordvoerder, het gister gesê ’n hoofkabel van 88 kV is by Rand Water se reservoir in Langrand gesteel.

Die reservoir kan nie hervul word nie en was teen gister vinnig besig om leeg te loop.

Gaba sê dit sal ’n paar dae neem voordat die watertoevoer ten volle herstel is.

Hy het verbruikers aangeraai om intussen liewer water op te gaar.

“Ons is baie jammer oor die ongerief. Die munisipaliteit kan egter nie hierdie oorlog wen sonder die hulp van ons gemeenskappe nie. Dit is in hierdie gees dat ons ’n beroep doen op ons gemeenskappe om ons in die stryd teen kabeldiewe te help.”

Rand Water het in ’n afsonderlike verklaring gesê sy vermoë om water aan gemeenskappe in die suide van Johannesburg te voorsien, is nou in die gedrang.

Die Meredale-reservoir, wat water aan groot dele van die suide van Johannesburg voorsien, was ook besig om leeg te loop.

Inwoners van Vereeniging, Krugersdorp, Westonaria, Witpoortjie, Tshepisong, Power Park, Zondi, Orlando en omliggende gebiede word geraak.

Boonop sit Vereeniging sedert Saterdag sonder elektrisiteit weens die kabeldiefstal.

Jacob Khawe, uitvoerende burgemeester van die Emfuleni-munisipaliteit, het gesê kabeldiefstal moet as sabotasie beskou word. Dit raak nou ’n epidemie in die metrogebied, het hy gesê.

“Ons het meer veiligheidswagte by die reservoirs aangestel. Elektrisiëns werk aan die probleem en sal probeer om die kragtoevoer na die gebiede in Vereeniging so gou moontlik te herstel. Dit sal egter twee of drie dae neem om dié soort kabel te herstel. Dit gaan ook tyd neem om die reservoir weer vol te maak.”

Rand Water het in ’n afsonderlike verklaring gesê sy vermoë om water aan gemeenskappe in die suide van Johannesburg te voorsien, is nou in die gedrang.

Meer oor:  Rand Water  |  Emfuleni  |  Vereeniging  |  Munisipaliteit  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.