Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Diens gehou vir vermoorde biblioteek-werknemer
Clodine Nuys Foto: Facebook

’n Diens word Dinsdagaand in die Jonkersberg-gemeenskapsaal naby Groot-Brakrivier gehou vir Clodine Nuys (22), die biblioteekwerknemer wat Dinsdag in die dorpie vermoor is.

Nuys se lyk is Dinsdagaand kort voor 19:00 agter die kleuterskool in Jonkersberg gekry nadat die polisie en inwoners na haar begin soek het nadat sy nie by die huis opgedaag het nie. Sy het die oggend omstreeks 07:00 gaan werk.

Haar hande en voete was met kleefband vasgebind en daar was ’n kabeltou om haar nek. Haar selfoon en die biblioteek se sleutels was weg.

’n 24-jarige man van Jonkersberg is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy Woensdag gevlug het toe die polisie hom by sy huis gaan soek het. Hy is Donderdagoggend in digte bosse gevind waar hy sedert die vorige dag weggekruip het. Die man word aangehou by die polisiekantoor op Groot-Brakrivier totdat hy Maandag in die landdroshof op Mosselbaai sal verskyn op ’n aanklag van moord.

Die motief vir die moord word ondersoek.

Volgens Maureen Gertse, ’n inwoner van Jonkersberg, word ’n diens vir Nuys Dinsdagaand om 19:00 in die gemeenskapsaal gehou.

Nuys het in 2016 aan die Sekondêre Skool Groot-Brakrivier gematrikuleer. Sy het sowat drie jaar by die biblioteek gewerk.

Nuys word oorleef deur haar suster, Chantelle Nuys.

Meer oor:  Groot-Brakrivier  |  Clodine Nuys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.