Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Diens begin vir Carletonville-leraar wat homself hang
Ds. Henk Calitz (40) van die Nederduitsch-Hervormde kerk in Carletonville wat glo sy eie lewe geneem het, was baie geliefd onder sy lidmate. Foto: FACEBOOK/Nederduitsch Hervormde-kerk Carletonville

Een van die hartseerste dae.

So beskryf lidmate van die Nederduitsch-Hervormde kerk in Carletonville aan die verre Wes-Rand in Gauteng hoe hulle Dinsdag voel om afskeid te neem van ds. Henk Calitz (40), wat meer as ’n week gelede sy eie lewe in die kerksaal geneem het.

Alta Mong, ’n lidmaat, het op Facebook geskryf Calitz het baie vir die lidmate gedoen.

“Daar was altyd ’n glimlag op jou gesig. Jy was ’n vriend met ’n hart van goud. Baie dankie vir alles, ds. Henk.”

Calitz het homself op Vrydag 19 Junie in die kerksaal gehang.

Ds. Henk Calitz (40) van die Nederduitsch-Hervormde kerk in Carletonville op die preekstoel. Foto: FACEBOOK/ Nederduitsch Hervormde-kerk Carletonville

Hy was sedert 2011 ’n leraar van die kerk. Hy het sedert die begin van die nasionale inperking gereeld boodskappe van hoop vir sy lidmate op Facebook geplaas.

Calitz en sy vrou, Martie, het vyf kinders.

Ds. Henk Calitz (40) en sy vrou, Martie. Foto: Foto: FACEBOOK/Martie Calitz

Meer oor:  Henk Calitz  |  Carletonville  |  Selfood  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.