Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Diens vir voormalige speaker van Riversdal

’n Diens word op 18 Januarie vir Willem Botha (63), ’n bekende in bewarings- en politieke kringe en oom van die sanger Willem Botha, in Riversdal gehou.

Botha is Maandag ná ’n hartoperasie in ’n hospitaal in Mosselbaai dood. Sy broer is Theuns Botha, ’n bekende sakeman en voormalige Wes-Kaapse LUR vir gesondheid.

Botha was ’n bekende prokureur en raadsvoorsitter van die Gourits-groepsbiosfeerreservaat.

Willem Botha Foto: Facebook/Grant Riddles

Grant Riddles, Hessequa se burgemeester, het onder meer in ’n huldeblyk op sy Facebookblad gesê dit is met skok dat hy van Botha, ’n bekende in Hessequa se gemeenskap en oudspeaker van die Hessequa-munisipaliteit, se dood verneem het.

Riddles het sy meegevoel met Botha se familie betuig en hulle sterkte toegewens.

“Ek sal hom altyd as ’n goeie vriend onthou, rus in vrede,” lui die inskrywing voorts.

Nog mense het op Facebook geskryf dat Botha se dood ’n groot verlies is en dat die hele Hessequa-distrik hom na aan die hart gelê het. Hy is beskryf as ’n saggeaarde en geliefde mens met ’n oop hart vir almal, ’n goeie mentor en hardwerkend.

Botha word deur onder andere sy vrou, Petro, en sy ma, Zirkëa, oorleef.

Die diens vind op 18 Januarie om 11:00 in die NG Moedergemeente in Kerkstraat, Riversdal, plaas.

Meer oor:  Willem Botha  |  Riversdal  |  Speaker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.