Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dienslewering in VS lei weer tot geweld, betogings

Die gebrek aan dienslewering in die Vrystaat het vandeesweek daartoe gelei dat die N3 buite Harrismith weer deur betogers geteiken en padgebruikers met petrolbomme bestook is.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, is die betogers onvoorspelbaar en gewelddadig en handhaaf die polisie tans ’n sterk teenwoordigheid.

Paaie rondom Harrismith en die N3 word gereeld deur betogers geteiken en verkeer op die N3 is Dinsdag tot stilstand gedwing. Padgebruikers is ook met petrolbomme gegooi.

Hy het besoekers aan die gebied en mense wat die N3 en N5 gebruik, gewaarsku om waaksaam te wees.

Ses mense is Dinsdagaand in hegtenis geneem vir openbare geweldpleging nadat hulle die N3 afgesper het en verkeer op die nasionale roete tot stilstand gedwing het.

Makhele sê van die mense het sinkplate as skerms gebruik om hulself teen die polisie te beskerm wanneer rubberkoeëls gebruik is.

Gewelddadige betogings het in Mei hier tot die dood van ’n vragmotorbestuurder gelei wat beheer oor sy voertuig verloor het toe hy op die N5 buite Harrismith met ’n petrolbom gegooi is.

Die dorp se lughawe is ook afgebrand en geboue is geplunder.

Geweld het weer verlede Donderdag opgevlam omdat die provinsiale regering nog nie met die ontevredenes wou vergader nie.

Die Matjhabeng-munisipaliteit gaan sedert die naweek onder waterprobleme gebuk.

’n Tekort aan chemikalieë by Sedibeng Water se aanleg by Bothaville het daartoe gelei dat die grootmaatverskaffer nie water vir die Goudveld kon suiwer nie.

Teen Woensdag het inwoners van Hennenman en Ventersburg nog nie water gehad nie terwyl watertoevoer na ander dorpe in die gebied ook net gedeeltelik herstel is.

’n Groep wat hom bewyer vir die bedanking van die Matjhabeng-munisipaliteit se burgemeester, Nkosinjani Speelman, het op 31 Mei gesê indien Speelman nie binne twee weke bedank nie gaan hulle weer ’n optog hou.

Inwoners van Sasolburg en omstreke was ook Sondag lank sonder krag.

Transformators wat uitgebrand het, het volgens Eskom die kragonderbreking veroorsaak.

Meer oor:  N3  |  Harrismith  |  Geweld  |  Betogings  |  Dienslewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.