Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dierbare Annie nou op soek na 'n eie huis

Annie die weesbrakkie word nou ’n tweede kans op geluk gegun nadat ’n veearts haar gesond genoeg verklaar het om aangeneem te word.

Die vierpotige Afrikanis-hond wat deur die Nelspruit Dierebeskermingsvereniging (DBV) gered is, se gewig het intussen van ’n skamele 7 kg tot 16 kg opgetel.

Hardus Engelbrecht, die DBV-Nelspruit se leerling-inspekteur, het Annie in Maart na ’n veearts-afspraak vergesel.

Netwerk24 het die eerste keer in Februarie oor Annie berig. Die DBV het haar in ’n nabygeleë township gaan haal nadat haar eienaars gebel het om te sê hulle kan nie meer na haar omsien nie.

Sy was toe erg ondervoed en deurtrek van parasiete. Volgens Lize Pienaar, adjunkvoorsitter van die DBV, was dit ’n “wonderwerk” dat Annie nie orgaanskade gehad het nie.

So het Annie gelyk toe sy op 23 Februarie by die DBV aangekom het.

“Sy is nou vol lewe en energie en is ’n absolute dierbare ding,” het Pienaar Maandag gesê, amper drie maande nadat die Annie in hul sorg gelaat is.

Volgens haar kan enigeen landwyd waar daar ’n DBV-tak is, aansoek doen om Annie aan te neem.

“Hulle moet wel vir Annie kom ontmoet en as daar ander honde is moet hulle bereid wees om deur die proses te gaan waar ons haar voorstel aan die ander honde,” sê Pienaar.

Hierdie foto van Annie is Saterdag geneem om te wys in watter goeie kondisie sy nou is.

Sy sê Annie het nie probleme met ander honde nie, “maar sy is wel knorrig vir katte”.

Belangstellendes kan die Nelspruit-DBV kontak by 013 753 3582.

Hierdie foto van Annie is ook Saterdag geneem. Haar bruin ogies glinster nou weer.
Meer oor:  Nelspruit  |  Dbv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.