Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dierekliniek help met Khayelitsha se katte

Katte in Khayelitsha, Kaapstad, kry deesdae ’n tweede kans op ’n goeie lewe danksy die volgehoue werk van die Mdzananda-dierekliniek en vrywilligers wat sorg dat dié katte te midde van die Covid-19-pandemie goeie huise kry.

Daar is sowat 300 000 diere in Khayelitsha en die organisasie bied veeartsenydienste aan die gemeenskap.

Die kliniek sê baie mense daar glo katte en heksery is sinoniem. Dit het in die verlede daartoe gelei dat katte mishandel is, sê Marcelle du Plessis, kommunikasiebestuurder van die kliniek.

“Twee jaar gelede het ’n vrou ’n kat aan die brand gesteek. Daar was ook katte met ernstige brandwonde nadat hulle met kookwater gegooi is.”

Stefanie Bergmann by een van die katte by die Mdzananda-dierekliniek. Foto: Verskaf

Deesdae bring meer eienaars hul katte kliniek toe en dit is duidelik dat meer mense baie lief vir hulle katte is. Skoolkinders red katte soos die drie wat onlangs 10 km ver gestap het om twee katjies na die kliniek te bring.

Stefanie Bergmann van Houtbaai, ’n vrywilliger van Houtbaai, wy ook haar lewe aan katte.

Du Plessis sê hulle het aanvanklik gesukkel om vir die katte huise te kry. “Stefanie het begin om die katte te sosialiseer. Sy het bang katte gehelp om aan mense gewoond te raak, mishandelde katte se vertroue in mense herstel en baie met die katte gespeel. Sy het gehelp om te netwerk en sommer gou het ons katte die beste huise gekry.”

Bergmann is ook ’n beskermheer van die kliniek wat die organisasie tydens die Covid-19-pandemie ondersteun.

Twee jaar gelede het ’n vrou ’n kat aan die brand gesteek. Daar was ook katte met ernstige brandwonde nadat hulle met kookwater gegooi is.

Tussen April en Oktober het die organisasie R136 000 verloor weens gekanselleerde debietorders.

Hul uitgawes het met R1,1 miljoen gestyg en dit was moeilik om geld in te samel in die inperking. Daar is ook nie vooruitsigte dat baie geld in die nabye toekoms sal inkom nie.

Die kliniek verwag dat die impak van die pandemie nog minstens drie jaar gevoel sal word.

Daar is met die veldtog #PawMember begin en die mikpunt is dat 1 000 lede maandeliks R100 sal skenk. Sover is 400 lede gewerf.

Bergmann vra in ’n video mense om die veldtog te ondersteun. Kyk daarna by https://www.youtube.com/watch?v=sBWjKXrUves&t=6s of op die Mdzananda-kliniek se Facebook- en Instagram-blad. Besoek www.mdzanandasecure.co.za of info@mdzananda.co.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.