Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dieretuin skep werk vir 5 met herwinning

Die Nasionale Dieretuin het verlede week ’n herwinningsprojek van stapel gestuur. Die projek word met die hulp van die herwinningsmaatskappy Petco aangepak en is gemik daarop om werk te skep en die dieretuin skoon te hou.

“Ons is nog aan die beginfase van ons omgewingsprojekte, maar ons hoop om met hierdie projek die vullis-hiërargie van ‘verminder, hergebruik en herwin’ te implementeer,” sê Marcel Singh, waarnemende bestuurder vir kommersiële en sake-ontwikkeling by die dieretuin.

“Ons wil ook ons groenvoetspoor vergroot.”

Vyf Pretorianers wat voorheen werkloos was, is opgelei om herwinbare materiaal in te samel en te sorteer. Petco is al sedert 2015 by herwinning in die dieretuin betrokke.

“Die dieretuin se jongste projek skep die ideale platform om in die openbare omgewing ’n verskil te maak,” sê Cheri Scholtz, hoof van Petco. “As ons vullis uit stortingsterreine kan hou, dra ons inderwaarheid tot die ekonomie by.”

Meer oor:  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.