Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dieseltekort bedreig voedselsekerheid

Die voortslepende dieseltekort weens onder meer misdaadsindikate wat die pypleiding tussen Durban en Johannesburg teiken, veroorsaak nou dat voedselsekerheid in die land bedreig word.

Agri SA sê in ’n mediaverklaring hy het die regering gevra om die krisis te ondersoek omdat dit nie net die landbou raak nie, maar ook ander ekonomiese sektore.

Die gedurige aanvalle op die pypleiding veroorsaak dat brandstof teen ’n baie hoër koste met brandstoftenkwaens uit die Durbanse hawe na die binneland vervoer moet word. Boere wat tans produkte soos mielies, sitrus en ander gewasse oes, word ernstig deur die hoër prys en beperkte beskikbaarheid van diesel in sekere provinsies benadeel.

Die suiwel- en varsproduktevoorraadketting is ook baie kwesbaar en duur uitvoerprodukte soos sitrus, sagtevrugte en neute word geraak.

Agri SA sê hy hou die probleme met dieselverskaffing van die begin af dop en neem deel aan weeklikse gesprekke met die Suid-Afrikaanse Petroleumnywerheidsvereniging (Sapia) om terugvoering oor die tekorte te ontvang.

Die organisasie sê hoewel diegene wat vir die bestuur van dieselverskaffing verantwoordelik is, ’n prentjie skets dat daar genoeg diesel is, sukkel boere om diesel in die hande te kry.

Ander nywerhede sukkel ook daarmee.

Boere het diesel nodig om te kan oes en om hul landbouprodukte te vervoer. Onderbrekings in dieselverskaffing raak dus die hele bedryf negatief.

Luidens die mediaverklaring is boere in die noordelike dele van die land tans besig om somergrane te oes, en omdat daar tans ’n sterk vraag na witmieliemeel is, kan dieseltekorte voedselsekerheid negatief raak.

Die suiwel- en varsproduktevoorraadketting is ook baie kwesbaar en duur uitvoerprodukte soos sitrus, sagtevrugte en neute word geraak.

Sedert April vanjaar was daar reeds meer as 30 voorvalle van diefstal uit die pypleidings wat aan Transnet behoort en meer as twee miljoen liter brandstof is gesteel. Diewe beskadig ook die pyplyne en infrastruktuur.

Die DA het Donderdag in ’n mediaverklaring gesê hy gaan ’n parlementêre debat versoek omdat die dieseltekort ’n voedselkrisis kan veroorsaak.

Die party het Dinsdag gevra dat die portefeuljekomitee oor minerale bronne en energie daaroor vergader. Daar is egter toe gesê dat daar geen ernstige probleem is nie.

Kevin Mileham, die party se woordvoerder oor minerale bronne en energie, sê die departement se versekering dat daar nie probleme is nie, is in teenstelling met dit wat op grondvlak aan die gang is.

Meer oor:  Agri Sa  |  Johannesburg  |  Durban  |  Dieseltekort  |  Voedselsekerheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.