SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
Dihlabeng sonder krag as hy nie betaal

Eskom het Woensdag kennis gegee dat hy vanaf 3 Oktober gaan begin om die Dihlabeng-munisipaliteit met geskeduleerde kragonderbrekings te straf.

Hy sê dié munisipaliteit se skuld word al groter en hy hou nie by ’n ooreenkoms om sy bestaande skuld af te betaal nie.

Bethlehem, Paul Roux, Rosendal en Fouriesburg sal deur die kragonderbrekings geraak word.

Vanaf 3 tot 9 Oktober sal die krag daagliks van 06:00 tot 08:00 en weer van 17:00 tot 19:30 onderbreek word. Saterdae en Sondae sal die krag van 08:30 tot 11:00 en van 15:00 en 17:30 onderbreek word.

In die tweede week, vanaf 10 tot 16 Oktober, sal die krag in die week van 06:00 tot 09:00 en 17:00 tot 20:30 onderbreek word. Saterdag en Sondag sal die krag van 08:30 tot 12:00 en van 15:00 tot 19:00 onderbreek word.

Indien daar geen ooreenkoms bereik word nie, wil Eskom die krag 14 uur per dag onderbreek. Vanaf Maandag 17 Oktober sal die krag daagliks van 06:00 tot 20:00 onderbreek word totdat die probleem van wanbetalings opgelos is.

Meer oor:  Fouriesburg  |  Paul Roux  |  Bethlehem  |  Elektrisiteit  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.