Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Dink mooi oor Steve,’ pleit Sun International
Steve Hofmeyr se deelname aan vanjaar se Afrikaans is Groot-uitvoerings het weer onder die loep gekom met Sun International wat bepleit dat die organiseerder sy betrokkenheid heroorweeg. Foto: Jamey Thomas

Sun International kan nie keer dat Afrikaans is Groot (AIG) sy megakonsert met Steve Hofmeyr op sy terrein in Pretoria hou nie, maar vra hulle om sy deelname te heroorweeg.

Anthony Leeming, uitvoerende hoof van die hotel-en-casino-groep, sê Sun International is wetlik gebonde aan die AIG-organiseerder om die konsert, wat Steve Hofmeyr op die program insluit, in die Sun Arena in Menlyn Maine in Pretoria te hou.

“Volgens die regsadvies wat ons ingewin het, kan ons nie weier om die gasheer vir die konsert te wees óf vereis dat die organiseerder Steve Hofmeyr verwyder nie.”

Die kontrak is “ongelukkig” ’n paar maande gelede afgehandel, sê Leeming.

“Ons ag egter die huidige debat as belangrik, en het die organiseerder gevra om Steve Hofmeyr se aandeel in die vertoning te heroorweeg.”

Hy sê die organiseerder moet ook die impak wat Hofmeyr se deelname op ander kunstenaars gaan hê, in ag neem.

“Die finale besluit lê egter by hom.”

LEES OOK: ‘Skop Steve uit of sit dakloos’

Dit kom nadat die hotel-en-casino-groep gedreig het om as venue te onttrek as Hofmeyr nie van die program verwyder word nie.

Brendon Hargrove, uitvoerende vervaardiger van die AIG-vertonings, het Sondag gesê die organiseerders en Sun International het besluit om kaartjiekopers “se belange eerste te stel” en dat die kontrakte met AIG in plek sal bly.

“Sun International se mediaverklaring wys wel moontlike implikasies uit vir die toekomstige aanbieding van die vertonings aangesien dit sinspeel op die goedkeuring van die inhoud en kunstenaars wat daar optree.”

Ernst Vorster, uitvoerende adjunkhoof van Helpende Hand, sê kaartjiekopers het geweet wat hulle koop, so hulle het ’n keuse gemaak.

LEES OOK: Steve en AIG: 'Konsert gaan voort'

Die regsgevolge vir albei partye het volgens hom ook ’n groot rol gespeel.

Leeming sê sodra hulle hul regsverpligtinge nagekom het, gaan hulle stappe in die toekoms doen om te verseker dat hulle ’n groter sê het in die keuse van kunstenaars by hul venues om die waardes in die Suid-Afrikaanse Grondwet te beskerm.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.