Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dis amptelik: Bo-Kaap is Bo-Kaap
Die Bo-Kaap het uiteindelik sy naam gekry – niks anders nie as Bo-Kaap.

Dit is amptelik. Die Bo-Kaap is nou die Bo-Kaap.

Inwoners van dié deel van Kaapstad het ná ’n lang stryd die jawoord gekry en Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het ingestem dat die pleknaam Schotschekloof amptelik na Bo-Kaap verander kan word.

Die besluit is in die Staatskoerant van 10 Oktober gepubliseer.

Osman Shaboodien, voorsitter van die Bo-Kaap- inwonersvereniging, het by navraag gesê die gemeenskap ondersteun die naamsverandering sodat daar bepaalde grense kan wees en die erfenis bewaar kan word.

Voorheen was die amptelike name vir drie dele wat as die Bo-Kaap bekend was, Schotschekloof, Stadzicht en Schoone Kloof.

Die grense van die Bo-Kaap soos dit nou amptelik geld, is Buitengracht- en Vlaeberg- en Waterkant- en Carisbrookstraat.

Shaboodien sê die erfenis van die gebied kan nou beter beskerm word teen ontwikkelaars wat die omgewing met moderne geboue toebou.

“Omdat daar tot nou nie amptelike grense vir die Bo-Kaap was nie, was dit ’n onbegonne taak om die erfenis te beskerm,” sê Shaboodien.

Die volgende stap is baie meer pret: ’n groot fees om die naam te vier. Shaboodien sê die “doepmaal” oftewel naamgeegeleentheid gaan groot wees met plaaslike disse en musiek en strate vol mense wat saam kan kom feesvier. ’n Datum is nog nie vasgestel nie.

Die naam Bo-Kaap het tussen inwoners ontstaan wat gesê het hulle gaan “af dorp toe” (die omgewing van Adderleystraat) of “terug Bo-Kaap toe”.

“Ons as slawe is nou weer vry,” sê Shaboodien en beskryf só die waarde van die amptelike naam vir inwoners van die Bo-Kaap.

Meer oor:  Nathi Mthethwa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.