Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dis die ‘Groot Brag’ voor die groot interskole

Leerlinge van die drie Boland-spogskole se gees was Vrydagoggend tasbaar tydens hul jaarlikse Groot brag-geleenthede.

Leerlinge van die Hoërskool Gimnasium Paarl (Gimmies), Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) en die Hoër Meisieskool Paarl sê mekaar die stryd aan in die 104de interskole. Vanjaar se groot rugbykragmeting word Saterdag in die Faurestraat-stadion gehou en meer as 20 000 toeskouers word by die wedstryd verwag.

Leerlinge van die Hoërskool Gimnasium Paarl Vrydagoggend tydens hul Groot Brag-geleentheid. Foto: Jaco Marais
Stefan du Toit word toegejuig ná ’n video van laasjaar se interskole waarin hy een van die uitblinkers was. Stefan is ongelukkig beseer en sal nie Saterdag vir Gimmies kan uitdraf nie. Foto: Jaco Marais
Chané van Zyl, kaptein van Gimmies se hokkiespan. Foto: Jaco Marais
Drew Bennett, hoofdirigent van Boishaai, saam met die eerste span op die verhoog besig om gees te vang. Foto: Jaco Marais

Intussen was daar Vrydagoggend nie plek vir ’n muis in Gimmies se skoolsaal tydens hul Groot Bragnie. Die saal het uit sy nate gebars met leerlinge, ouers en ondersteuners.

Chané van Zyl, kaptein van die eerste meisieshokkiepan, het die interskole as die beste tyd van die jaar beskryf.

Die leerlinge het uit volle bors gesing en spelers van die verskeie spanne luid toegejuig.

Intussen was Boishaai se skoolsaal ook gepak met seuns, ouers en ondersteuners. Die spelers wat gaan deelneem, is voorgestel en luid toegejuig, terwyl ouers ook ’n geleentheid gekry het om ’n pet op hul seun se kop te plaas.

HJS Paarl: Rhynardt Rijnsburger, kaptein van die eerste span, naaste aan die skoolwapen. Foto: Jaco Marais
Ammie Stofberg, Carli Verreyne en Michelle Visagie, leerlinge van die Hoër Meisieskool Paarl.
Leerlinge van die Hoër Meisieskool Paarl vang gees tydens hul Groot Brag.
Matthew Didloff, kaptein van die Boishaai se 0.19A hokkiespan, wens Vrydag die Hoër Meisieskool Paarl sterkte toe.

Oudstudente van so ver as Dubai het die seuns ondersteun. Motiverende boodskappe van hulle is deur die loop van die “Big Brag” aan die seuns voorgelees.

“Sterkte, Seuns. Weet dat ek en al die old boys ook oor die wêreld heen bankvas agter julle staan. Gee daai Gimmies gas,” lui een boodskap.

“Dit is die begin van die grootste interskole ter wêreld. Sterkte aan almal betrokke en geniet elke oomblik. Mag sulke tradisies voortleef,” lui nog een.

By Boishaai se Groot Brag het die seuns onder meer hul weergawe van “Boishaai Is on Fire” gesing.

“Dit was groot en die meisies het dit vreeslik geniet!” het Rïette Neethling, bemarkings- en beroepsvoorligter by die Hoër Meisieskool Paarl, ná die tyd gesê.

Die interskole word wêreldwyd ondersteun en selfs ses groepe van Engeland, wat tans in Suid-Afrika toer, het kaartjies gekoop.

Gerald Esau, uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste by die Drakenstein-munisipaliteit, sê die munisipaliteit maak jaarliks voorsiening vir die interskole en daar is reeds ’n elektriese tellingbord op die Faurestraat-stadion aangebring.

Elke skool wat deelneem, ontvang ’n geldelike donasie om te help met hul beplanning en voorbereiding, sê Esau.

Spesiale verkeersreëlings is reeds getref om verkeersvloei Saterdag te verbeter.

Paarl Toerisme sê die dorp is bevoorreg om gasheer te speel vir een van die “grootste skolesport-derbies ter wêreld”.

“Ons dorp gons tans van die aktiwiteite wat lei tot die groot stryd wat môre plaasvind. Die interskole het ’n positiewe finansiële impak vir toerisme en skep werksgeleenthede.”

Boshaai het sedert 2015 jaarliks die groot rugbykragmeting gewen. Paarl Gimnasium het dit in 2014 laas gewen.

Meer oor:  Boland  |  Skole  |  Leerlinge  |  Interskole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.