Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dís Graan SA se nuwe uitvoerende hoof

Dr. Pieter Taljaard bring ’n skat van kundigheid na sy rol as nuwe uitvoerende hoof van Graan SA.

So sê die organisasie Vrydag met sy aankondiging oor wie Jannie de Villiers se skoene vanaf 1 September vanjaar sal vol staan.

Dr. Pieter Taljaard, nuwe uitvoerende hoof van Graan SA.

Graan SA sê in ’n verklaring Taljaard is welbekend in die landbousektor, werk al jare met hom saam en het die afgelope jare ’n aantal senior leierskapsposte beklee.

Hy is tans bestuurder van kleingraan en nywerheidsgewasse by Bayer Crop Science.

Dié nuwe hoof is een van verskeie “buitengewone kandidate” wat deel van ’n deeglike werwingsproses was.

“Pieter het wye ervaring in die graansektor en het baie nou saam met produsente gewerk,” sê Derek Mathews, voorsitter van Graan SA.

Taljaard het aan die Universiteit van die Vrystaat ’n doktorsgraad in landbou-ekonomie verwerf.

Volgens Graan SA is hy die afgelope 19 jaar ’n deeltydse boer en werk hy reeds ses jaar in die saadbedryf.

Mathews het ook vir De Villiers lof gehad en hom voorspoed vir die toekoms toegewens.

Mathews het De Villiers bedank vir “sy jare lange toewyding en harde werk om die organisasie te bring waar dit vandag is”.

“Hy sal nie vir landbou verlore wees nie en sy mentorskap en geestelike leiding sal die bedryf steeds beïnvloed in die toekoms.”

Meer oor:  Graan Sa  |  Uitvoerende Hoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.