Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Dis nie die Boeremag se werk’

As iemand die staat se amptelike inligtingstegnologie- agentskap (Sita) geïnfiltreer het, is dit nie die Boeremag nie.

Só sê die politieke ontleder Piet Croucamp oor die uitlating van genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, Woensdag in die parlement.

“In die verlede het staatsveiligheid ’n baie goeie greep op enige Boeremag-aktiwiteite gehad.

“Ek weet nie of dié vermoë effe agteruit gegaan het nie, maar die regses se gebrek aan ‘georganiseerde sofistikasie’ was nog altyd hul ondergang.

“Dit het van hulle ’n maklike teiken vir die intelligensiedienste gemaak. Die Staatsveiligheidsagentskap is tans so verbrokkel dat die meeste 16-jarige kuberkrakers waarskynlik die agentskap se stelsels sal kan binnedring.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê in ’n verklaring die ouditeur-generaal (OG) het in sy ouditverslag vir die 2016-’17-boekjaar reeds bedenkinge uitgespreek oor die bevoegdheid van die staat se rekenaarstelsel.

Die stelsel is in 2013 ook binnegedring toe ’n kuberkraker toegang tot die polisie se databasis verkry en sodoende die identiteit van 17 000 polisie-informante of “fluitjieblasers” bekom het, sê Groenewald.

“Dit is ook insiggewend dat dr. Setumo Mohapi, uitvoerende hoof van Sita, sê hy het die ‘Boeremag-kwessie’ by die Valke aangemeld vir ondersoek.

“Dit spreek vanself dat ’n staat se eie veiligheidsagentskap ’n aangeleentheid van hierdie uiters sensitiewe omvang sal ondersoek. Dit wil nou voorkom asof ook dié agentskap nie meer in staat is om ’n ondersoek van hierdie omvang te doen nie.”

Dr. Johan Burger,  ‘n veiligheidskenner en konsultant van die Instituut vir Sekerheidstudies, het Woensdagaand gesê dit lyk vir hom of die woord Boeremag losweg gebruik is.

“In hierdie land is dit skynbaar die gebruik om enigiets wat ons nie behoorlik kan verklaar nie, aan een of ander 'derde mag’ toe te dig. Ek twyfel of daar enige meriete in die beskuldigings is,” het Burger gesê.


Die Boeremag kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.