Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Dit gaan oor veel meer as pannekoek’
Dr. Wollie Grobler van die Klipkerk in Bloemfontein, wat driftig geraak het oor lidmate wat “te wetties” is. Foto: Annemarié Burger

Die lidmaat wat Sondag uit ’n diens onder leiding van dr. Wollie Grobler in die Klipkerk gestap het, wil nou ’n klag oor die kerk se finansiële state by die NG Kerk se ring in Bloemfontein indien.

Deon Bam en sy gesin het by die 10:00-diens uitgestap nadat Grobler driftig gereageer het op ontevredenheid onder lidmate oor “kantlynkwessies”, soos die verkoop van pannekoek voor en ná die dienste.

Die Klipkerk in BloemfonteinFoto: Jens Friis

Bam het egter Dinsdag gesê dit gaan nie net oor pannekoek nie, maar oor die kerk se finansiële state.

Hy beoog om ’n klag teen Grobler in te dien en gaan glo Woensdagoggend met die ring vergader om dit te bespreek.

Grobler het op sy beurt gesê Bam moes eers met die kerkraad gesels het.

“Dit sou die Christelike weg wees. Maar dit staan hom vry om direk by die ring ’n klag in te dien.”

Hy het bygevoeg hy verstaan nie Bam se reaksie nie.

“Ek raak seker oud, met gepaardgaande geheueprobleme, maar ek weet nie hoekom hy oor finansiële state wil praat nie. Verstaan nie.”

Hy sê die hoogtepunt van die betrokke diens was toe Lindsay Mould, president van die Vrystaatse Rugbyunie, opgestaan het nadat Bam uitgestap het en gesê het genoeg is genoeg, dit is tyd dat Grobler waardeer word vir alles wat hy vir die Klipkerk doen. ’n Luide applous het volgens lidmate gevolg.

Die kerkraad het Maandagaand besparingsmaatreëls bespreek. Grobler beskryf dit as ’n aand van geestelike diepte.

Hy het oudergewoonte ’n praktiese illustrasie op die vergadering gedoen met ’n druppel gif wat hy in ’n glas water gegooi het. Die manier waarop die swart druppel die hele glas water kleur, sê hy, beeld uit hoe negatiewe denke die Kerk, gesinne en die mens se denke kan beïnvloed.

Hy sê hy is nou rustig en “klaar met die drif”.

Meer oor:  Deon Bam  |  Wollie Grobler  |  Kerk  |  Dominee  |  Pannekoekverkope  |  Inansiële State
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.