Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Dit het gevoel my hele lyf gee in,’ sê slagoffer van tref-en-trap

’n Jong man van Brakpan verduur steeds erge pyn nadat hy na bewering ’n slagoffer van ’n tref-en-trap-ongeluk was.

Eben Marx (21), ’n dosent by ’n kollege in Springs, sê hy het in die hospitaal wakker geword nadat hy omgery is. Marx het beserings aan sy hand, ken en mond opgedoen. Een van sy voortande is uit en twee is los.

Eben Marx (21) wys hy het ’n voortand verloor.Foto: Verskaf

Die voorval het Sondagoggend omstreeks 06:00 op die N12 naby Boksburg plaasgevind. Hy het sy bewussyn verloor en het ná die voorval in die Verre Oos-Rand-hospitaal wakker geword.

Volgens Marx was hy, sy meisie, Carmen Britz, en ’n vriend Juan du Plessis van Boksburg na Springs onderweg.

Op pad het Marx se bakkie sonder brandstof gaan staan. Marx en Du Plessis het die bakkie in die noodbaan gestoot, terwyl Britz agter die stuur was.

“Ek het ’n wit Toyota Corolla gesien wat vinnig aangekom het. Hy het eers in die regterbaan gery, maar het later na die stadige baan oorgeskuif. Ek het aan die regterkant gestoot en Juan aan die linkerkant. Toe die motor my tref, het dit gevoel asof my hele lyf net ingee. Ek kan niks verder onthou nie,” sê Marx.

Dit ontstel hom dat die man nie die ordentlikheid gehad het om te stop nie.

“Dis wreed wat gebeur het. My meisie sê toe sy die slag hoor, het sy gedink ek is dood.”

Du Plessis sê hy kon nie die nommerplaat van die motor sien nie, want dit het te vinnig verbygejaag.

“Ek het net bloed gesien spat toe die motor verbyry. Van die glas was in Eben se hande.”

Gerugte het op sosiale media die ronde gedoen dat Marx beroof is, maar hy ontken dit.

Van die glas het tydens die tref-en-trap-ongeluk Eben Marx (21) se hande beseer. Foto: Verskaf
Die beserings op Eben Marx (21) se ken. Foto: Verskaf
Paramedici behandel vir Eben Marx (21) op die toneel. Foto: Facebook/Eben Marx

Meer oor:  Springs  |  Tref-En-Trap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.