Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Dit het gevoel of ons die Wêreldbeker wen’

Die Springbokkaptein Siya Kolisi se pa sê hy was een van diegene wat geglo het Suid-Afrika gaan Saterdag teen Nieu-Seeland pak kry.

“Ek was lanklaas so gelukkig om verkeerd te wees,” het Raymond Kolisi, Siya se pa, in Port Elizabeth gebieg.

Raymond Kolisi, pa van die Springbokkaptein, Siya Kolisi. Foto: Lulama Zenzile

Die Springbokke het Saterdag ná ’n riller-wedstryd in Wellington koning gekraai oor die All Blacks en met 36-34 gewen.

Suid-Afrika het laas in 2009 die Kiwi’s in Nieu-Seeland geklop.

Die Springbokke het hul twee vorige toetse, onderskeidelik teen Argentinië en Australië, verloor.

Raymond sê hy het Saterdag die rugbytoets by ’n vriend gekyk. Die grootste deel van die wedstryd het hy op die punt van sy stoel gesit, maar die laaste paar minute het die senuwees te veel geknaag en hy het op en af voor die televisiestel gestap.

Enkele minute voor die eindfluitjie geblaas het, het die kanse vir ’n derde agtereenvolgende nederlaag moontlik gelyk toe die All Blacks in die laaste paar minute op Suid-Afrika se doellyn boer.

“Al wat ek kan sê, is dit was ’n great, great, great wedstryd.

“Siya het ’n baie goeie wedstryd gehad, hulle almal het baie goed gespeel.

“En om te dink ek was een van die mense wat gesê het Suid-Afrika gaan verloor – ek is eerlik – ek het nie gedink ons het ’n kans gestaan om te wen nie, en daar doen hulle iets wat sekerlik niemand verwag het nie.

“Toe hulle wen, het dit gevoel of ons die Wêreldbeker wen.”

Hy sê hy sal eers Maandag met sy seun praat. Intussen kan hy nie wag om hom oor die telefoon geluk te wens nie.

Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Rugby  |  Bokke  |  Sport  |  Springbokke  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.