Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Dit was Dawid teen Goliat,’ sê man wat regulasies uitdaag

Reyno de Beer (43) se Liberty Fighters Network (LFN) het Dinsdag ’n dringende hofaansoek gewen om van die inperkingsregulasies ongeldig te laat verklaar. Hy sê die Suid-Afrikaanse regering het hom onderskat.

’n Dag nadat die hooggeregshof in Pretoria die nasionale inperkingsregulasies as “irrasioneel” en ongrondwetlik bestempel en dit ongeldig verklaar het, het De Beer gesê die regering het herhaaldelik spertye vir die indien van dokumente geïgnoreer en het nie gereageer op sekere dele van hul argumente nie.

“Dit was soos Dawid wat Goliat uitdaag,” sê De Beer en voeg by dat sy tweede naam David is.

“Ons het geweet ons gaan onderskat word. Ons het geweet die regering sal ’n houding hê van wie is jy om die regering te takel?”

De Beer sê hy is verplig om die inperkingsregulasies uit te daag nadat ’n hele klomp mense LFN gekontak het om te help.

Reyno de Beer
Reyno de Beer, hoof van Liberty Fighters Network (LFN). Foto: News24

De Beer sê hy het geen amptelike regsopleiding nie. Hy het LFN in 2015 begin nadat hy jare lank ondervinding van die regte opgedoen het as bestuurder van deeltitels.

Hy sê hy is hoof van die organisasie, maar sal liewer as ’n “heeltydse vrywilliger” beskryf wil word.

Die organisasie help “honderde” lede en donateurs met regskwessies rondom huurders, uitsettings en deeltitels.

Op die webwerf van die organisasie word gesê dit bestaan uit ekonomies verdrukte Suid-Afrikaners en wettige inwoners van verskillende groepe, maar dit nooi “veral die ekonomies verdruktes van die wit minderheid” uit om aan te sluit.

Hulle het voorheen ook ’n saak van regtelike wangedrag geopen wat deur die nasionale vervolgingsgesag (NVG), destyds onder Shaun Abrahams, van die hand gewys is.

De Beer sê die versoeke om hulp het reeds begin nog voordat die inperking begin het.

“Boodskappe soos dié van ’n enkelma wat ’n haarkapper was om te sê: ‘Ek het nie kos in my huis nie, ek is honger. Ek en my kinders is honger’,” sê De Beer.

My ma het my geleer om my hande te was; my ma het my geleer hoe om op te tree. Ek het nie die regering nodig om dit vir my te sê nie.

“Jy kry nog ’n boodskap van ’n huurder om te sê dat hy pas deur sy verhuurder uitgegooi is, en dat ’n paar armbrekers en die polisie net staan en kyk het en niks daaraan gedoen het nie.”

De Beer sê die regering kon meer gedoen het om mense van Covid-19 te red, en om die lewe van gewone Suid-Afrikaners te red “sodat hulle nie honger ly nie”.

Die staat moes dit oorweeg het om ’n benadering soos in Swede te volg pleks van om ander Europese benaderings te gebruik, sê hy.

“Die regering kon eerder bejaardes en mense in gevaar beskerm het as om almal onder kwarantyn te plaas,” sê De Beer.

“Jy kan nie miljarde belê in een siekte terwyl mense met MIV/vigs ly en sterf nie. Dit maak nie sin nie.”

Hy sê die regulasies is heeltemal “onredelik”, en gewone Suid-Afrikaners “word soos kinders behandel”.

Hy sê: “My ma het my geleer om my hande te was; my ma het my geleer hoe om op te tree. Ek het nie die regering nodig om dit vir my te sê nie.”

De Beer het aanvanklik gehoop die opposisiepartye in die parlement, veral die DA en die EFF, sou die regulasies uitdaag, maar is in die steek gelaat toe hulle almal saamgestem het met die inperking op ’n vergadering met die president in Maart.

Hy sê hy dink veral die EFF sal die afdwing van uitsettings in die sluitingstyd uitdaag.

Die DA, het hy bygevoeg, het sekere regulasies eers betwis nadat die LFN in die geheel teen die regulasies oortree het.

“Alle politieke partye het my teleurgestel,” sê hy.

Nadat hy glo herhaaldelik met staatsamptenare gepraat het oor sy kommer oor die regulasies, en provinsiale polisiekommissarisse gekontak het om sy kommer oor die hardhandige reaksie van polisielede uit te spreek, is hy deur almal geïgnoreer.

Toe besluit hy om die saak na die hof te neem.

Hy het Zehir Omar-prokureurs genader nadat hy gehoor het dat hul voorneme om die Moslem-salah tydens die sluitingstyd toe te laat, deur die hooggeregshof van die hand gewys is.

In sy uitspraak Dinsdag het regter Norman Davis gesê die afkondiging van ’n nasionale ramp in Maart was rasioneel, maar daar was ’n aantal gevalle waar regulasies “nie verband hou met die doelstellings om die infeksie te vertraag nie”.

Dit sluit in regulasies rakende oefening, haarkappers en byeenkomste.

Davis het die regering 14 dae gegee om die regulasies te wysig. Hy het gesê die gevare van Covid-19 bestaan steeds, en “ ’n skielike tekort aan regulasies kan lei tot ’n ongeoorloofde ramp en chaos”.

Op die vraag of hy meen die Suid-Afrikaanse regering sal teen die beslissing appelleer, het De Beer gesê hy hoop nie so nie.

“Dit gaan ’n klap in die gesig van die mense van Suid-Afrika wees,” het hy gesê en bygevoeg dat die hof beslis het dat die regering mense se menseregte geskend het. - News24

Meer oor:  Reyno De Beer  |  Covid-19  |  Inperkingsregulasies  |  Hofgeding  |  Koronavirus  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.