Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dit was ’n speelgoedgeweer, beweer die EFF

Die wapen waarmee sy leier, Julius Malema, wild skote afgevuur het ten tyde van die party se verjaardagvierings in die Oos-Kaap was ’n “simulasie met ’n speelgoedgeweer”, het die EFF Donderdag gesê.

Meer inligting het volgens Bheki Cele, minister van polisie, na vore gekom oor die skietvoorval. Cele was Donderdag in Tembisa, Ekhurhuleni. Hy het gesê “daar is meer inligting oor die saak wat ek nie op die oomblik kan bekend maak nie”.

Adriaan Snyman (links) in 2011 saam met Julius Malema. Langs Malema is Winnie Madikizela-Mandela, wat op 2 April vanjaar dood is. Foto: Lucky Nxumalo

Volgens hom is die voorval onder die vergrootglas.

Hlengiwe Hlope, die EFF se adjunksekretaris, sê dit was ’n “speelgoedgeweer” en dat die skietery net “ ’n simulasie was”.

Die man wat Saterdag die aanvalswapen aan Malema gegee het in die Sisa Dukashe-stadion op Mdantsane is in die media geïdentifiseer as Adriaan Snyman.

“Ek het geen kommentaar,” het Snyman gesê.

’n Woordvoerder van die maatskappy Tactical Security Services, wat glo aan Snyman behoort, wou nie bevestig dat Snyman inderdaad die eienaar is nie.

“Jy sal Adriaan self moet vra.”

Snyman se verhouding met Malema het die spanning tussen Black First Land First (BLF) en AfriForum laat styg.

Die BLF het Woensdag AfriForum se besluit om aanklagte teen Malema in te dien weens beweerde oortredings van vuurwapenwetgewing beantwoord deur klagte teen Snyman in te dien.

“Hy was nalatig deur die wapen aan Malema te gee,” het Zanela Lwana, adjunkpresident van die BLF, gesê.

’n Regskenner het by navraag gesê hy reken die nasionale vervolgingsgesag sal ’n ondersoek moet begin omdat daar ’n prima facie saak teen Malema is. Sou hy skuldig bevind word, kan hy tot 15 jaar tronkstraf opgelê word.

“Hy het met ’n geweer skote afgevuur in ’n beboude gebied met mense in die omgewing en mense in gevaar gestel. Hy het ’n wapen gebruik wat duidelik nie in sy naam gelisensieer is nie. Dit is drie aanklagte wat teen hom ondersoek kan word.

Meer oor:  Eff  |  Julius Malema  |  Geweer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.