Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
DJ Fresh nie spyt oor afdanking, nuwe begin wag reeds

Die radiopersoonlikheid Thato Sikwane, ook bekend as DJ Fresh, het Dinsdag in ’n verklaring gesê dat hy nog nooit beter gevoel het as ná sy afdanking by die SAUK nie.

Sikwane, wat voorheen ook as uitsaaier by die radiostasie 5FM betrokke was, bedank sy luisteraars en kollegas vir hul ondersteuning en beskryf die tydperk wat hy as aanbieder van ’n ontbytprogram by Metro FM gewerk het as wonderlik.

Thato Sikwane, ook bekend as DJ Fresh, wat deur die SAUK afgedank is. Foto: Facebook

Die openbare uitsaaier het Sikwane Dinsdag afgedank omdat hy ’n Zoeloe-vloekwoord gedurende ’n uitsending gebruik en glo ook ’n luisteraar beledig het.

Sikwane is by die Uitsaaiklagtekommissie aangekla, wat bevind het dat hy die SAUK in oneer gebring het. Volgens die SAUK het Sikwane geen verskoning vir sy gedrag aangebied nie, wat tot ’n onherstelbare vertrouensbreuk tussen hom en die openbare uitsaaier gelei het.

“Sikwane is die geleentheid gebied om sy kontraktuele oortredings reg te stel, wat hy versuim of geweier het om te doen,” het die SAUK Dinsdag luidens ’n verklaring gesê.

Sikwane sê in reaksie op sy afdanking, hy is nie spyt oor hoe dinge uitgewerk het nie.

“Ek het nog altyd geglo dat billike arbeidspraktyk meer oor korrektiewe handeling gaan as om oordrewe te straf. In beginsel sou ek vinniger uit ’n pos bedank as om sulke misbruik te aanvaar.”

Sikwane is van voorneme om ’n splinternuwe program aan die begin van Augustus te begin, maar het nog nie die aap uit die mou gelaat oor op watter radiokanaal dit uitgesaai sal word nie.

Meer oor:  Sauk  |  Dj Fresh  |  5Fm  |  Afdanking  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.