Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dodetal in Limpopo-ongelukke styg nadat 6 verkool

Byna ’n dag nadat ’n bus en twee ander voertuie Saterdagoggend 05:00 op die R71-pad tussen Tzaneen en Phalaborwa gebots het, het nóg ’n gru-ongeluk in Limpopo ses lewens geëis. 

Sondagoggend omstreeks 01:00 het twee motors, ’n BMW en ’n Mercedes-Benz, op die R81-pad tussen Giyani en Polokwane, naby die dorpie Dingamazi, reg van voor gebots.

Die ongelukstoneel.

Ses mense is in die ongeluk dood, insluitend die twee bestuurders, lui ’n verklaring van kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder. Polisiebeamptes het aan die SAUK bevestig dat albei voertuie aan die brand geslaan het en dat niemand die ongeluk oorleef het nie.

“Die polisie in Giyani ondersoek ’n saak van strafbare manslag na aanleiding van die botsing,” sê Ngoepe.

Na bewering was die twee voertuie besig om in die teenoorgestelde rigting te ry toe die ongeluk gebeur.

Volgens Ngoepe is die oorledenes se identiteit steeds onbekend.

“Ons is besig om inligting oor die twee motorvoertuie te versprei as deel van die identifiseringsproses.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk. Enigeen wat die polisie kan help om die oorledenes te identifiseer, moet asseblief die Giyani-polisiekantoor kontak.

Meer oor:  Tzaneen  |  Phalaborwa  |  Gru-Ongeluk  |  Ongeluk  |  Sterfgevalle  |  Verkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.