Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dokter deel sy pyn ná 3-jarige se fratsdood

’n Dokter wat Sondag deel was van die span medici in die Mediclinic Durbanville wat probeer het om klein Nina de Villiers (3) te red, het Dinsdag ’n aangrypende ontboeseming op die hospitaal se Facebookblad geplaas.

nina de villiers
Natasha en Nikie de Villiers met hul drie dogters, Anja en die tweeling Nina en Nikola. Foto: Facebook
Dr. Willem Smit skryf op Facebook hoe geen geval waarby medici betrokke is, hyself ingesluit, hulle onaangeraak laat nie. Foto: Facebook

Nina is in die hospitaal dood nadat sy volgens haar ouers van haar fietsie afgeval en met haar bors op die rem se hefboom geland het. Dit het glo tot in haar hart gedruk en ’n gaatjie gemaak.

Dr. Willem Smit, die pediater wat Nina se lewe probeer red het, skryf nie al die geld ter wêreld sal genoeg wees om gesondheidswerkers te vergoed vir wat hulle elke dag moet aanskou en deurmaak nie.

“Ek vrees daai oproep oor ’n naweek wanneer ek op bystand is en ek na die hospitaal se noodgevalle-eenheid geroep word om ’n kind by te bring.

“Die druk wanneer jy by die hospitaal kom waar ouers en families wag, wag op ons om wonderwerke te verrig en om te probeer om hul kind se lewe te red – dit is die ergste wat enige mens sal voel.”

Hy skryf die wete dat wat jy gaan doen dalk die verskil gaan wees of ’n kind leef of sterf, is die skrikwekkendste ervaring moontlik. Om nie te weet wat om te verwag wanneer jy daar aankom nie, is soos om oor die afgrond te loop.

“Vandag was een van die dae wat in jou brein ingegraveer word en wat vir altyd sy merk op jou lewe laat . . .

Soms is alle menslike pogings net nie goed genoeg nie.”

Die druk wanneer jy by die hospitaal kom waar ouers en families wag, wag op ons om wonderwerke te verrig en om te probeer om hul kind se lewe te red – dit is die ergste wat enige mens sal voel.
nina de villiers
Natasha en Nikie de Villiers met hul drie dogters, Anja en die tweeling Nina en Nikola. Foto: Facebook

Hy skryf oor hoe ’n dokter vir die ouers moet sê jy het alles in jou vermoë gedoen, maar kon nie daarin slaag om die kind te red nie.

“Jy kyk in ’n ma en pa se oë, terwyl jou oë reeds vol trane is, jy moet aan hulle vertel dat hul kind nie meer daar is nie en nooit weer daar gaan wees nie.”

Hy skryf ter wille van die familie moet hy staande bly terwyl jou eie hart breek nadat jy gesien het hoe ’n driejarige meisietjie voor jou oë sterf.

LEES OOK: 

Kind (3) sterf toe sy van etsie val, hefboom deur hart steek

Hy skryf mense moet vir geen oomblik dink dokters werk net vir geld nie.

“Wat ons doen, is baie kere ten koste van onsself en ons familie.”

Dit is volgens Smit in hul natuur om mense te help, om vir hulle te sorg, te koester en om te troos.

“Ons doen dit omdat dit is wie ons is. Ons werk definieer ons as mense.”

Meer oor:  Nina De Villiers  |  Dr. Willem Smit  |  Kaapstad  |  Durbanville  |  Fratsdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.