Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dokter se begrafnis ook aanlyn, sê ma
Dr. Keitumetse (Kitty) Raadt, Kenzo (6) en Bareng Michael Raadt.Foto: Verskaf

Die begrafnis van ’n 41-jarige Kimberleyse dokter en haar seuntjie, wat albei verlede week met die kind se geboorte dood is, gaan Saterdag regstreeks op sosiale media uitgesaai word.

So sê ’n bedroefde Bonnie Sesenyamotse van Royaldene in Kimberley, ma van dr. Keitumetse (Kitty) Raadt.

Raadt is Donderdag om 03:00 in die Lenmed-hospitaal se waakeenheid dood nadat sy die vorige dag ’n noodkeisersnee vir die geboorte van haar tweede kind ondergaan het. Die seuntjie kon weens komplikasies nie gered word nie en is dood by geboorte, sê Sesenyamotse.

Sy sê haar ouerhart is seer, maar sy gaan sorg vir ’n mooi begrafnis vir haar dogter en kleinkind.

Sy sê haar ouerhart is seer, maar sy gaan sorg vir ’n mooi begrafnis vir haar dogter en kleinkind.

“My kind sal Saterdag om 08:00 hier by my uit haar ouerhuis begrawe word. Ons wil graag die voorskrifte van die regering eerbiedig, so net 50 mense sal die begrafnis mag bywoon, ingevolge die voorskrifte van die 21 dae lange staat van inperking wat pres. Cyril Ramaphosa weens die koronavirus afgekondig het.

“Hierna sal sy en my kleinkind in die West End-begraafplaas ter ruste gelê word.”

Dr. Keitumetse (Kitty) Raadt en haar seuntjie, Kenzo (6). Foto: Verskaf

Sesenyamotse sê Raadt se pa, Andrew, is 21 jaar gelede oorlede.

Raadt het jare lank in die onkologie-kliniek van die Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley gewerk. Sy was ’n dokter wie se passie by kankerpasiënte en palliatiewe sorg gelê het. Sy het graag die ekstra myl vir haar pasiënte geloop en was baie geliefd.

Sy was besig om haar as ’n spesialis in palliatiewe sorg aan die Universiteit van Kaapstad te bekwaam.

Haar man, Bareng Michael Raadt, is ’n Kimberleyse sakeman. Hy was te hartseer om self met die media te praat en is volgens sy skoonma ’n baie private mens.

Die egpaar het ’n seuntjie, Kenzo (6).

Sesenyamotse sê haar dogter is Woensdag om 14:00 na haar ginekoloog toe. Sy het van geweldige maagpyn gekla.

“Nadat toetse gedoen is, het die ginekoloog vir haar gesê daar sal ’n noodkeisersnee gedoen moet word om die baba te probeer red. Die keisersnee kon gedoen word omdat die baba al gebore kon word.”

Sy sê met die geboorte was daar komplikasies en die dokter en sy span het alles in hul vermoë gedoen om die ma en baba se lewe te red.

Sy sê met die geboorte was daar komplikasies en die dokter en sy span het alles in hul vermoë gedoen om die ma en baba se lewe te red.

“Sy het die nodige bloedoortappings en alles gekry wat sy moes.”

Raadt se man is die heeltyd deur die dokters op hoogte gehou van wat in die teater gebeur het.

“Hulle het hierna vir Keitumetse na die waakeenheid oorgeplaas waar drie van ons, haar man, ek en die pastoor, haar Woensdag om 19:00 om die beurt besoek het. Sy het toe al bygekom en het aanvaar dat die baba dood is.”

Haar ma sê sy het nog met hulle gepraat.

“Die dokter het ook met haar gesels en gesê dat sy moet weet dat haar lewe nog nie buite gevaar is nie. Die dokters en verpleegkundiges het haar nooit gelos nie. Hulle was die heeltyd daar vir haar, maar hulle het gesukkel om haar te stabiliseer.”

Sy is Donderdag om 03:00 dood.

Ná die begrafnisdiens om 08:00 by die huis, is die teraardebestelling om 09:00.

Sesenyamotse kon nog nie inligting verskaf oor waar die aanlyn begrafnis gevolg kan word nie.

Meer oor:  Geboorte  |  Begrafnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.