Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Domani boer in sy Hop-huis; bure kla sy koeie stink

“Hulle sê my koeie ruik sleg,” sê Domani Plaatjie (90), een van die halfdosyn kleinboere wat diere by hul Hop-huise in Uitenhage aanhou.

“Veediefstal en ’n tekort aan grond maak dat ons in Hop-huise boer,” sê Plaatjie verder.

’n Koei in een van Gunguluza, Uitenhage, se strate. Inwoners hier kla dat kleinboere se vee hul hekke verniel en in hul werwe na weiding soek. Foto: Thamsanqa Mbovane

Hy deel ’n oorvol Hop-huis met sy vrou, middeljarige dogter en vier kleinkinders in Gunguluza, KwaNobuhle.

“Ek is oorspronklik van die platteland naby Grahamstad en het meer as twee dekades gelede Gunguluza toe gekom. Ek het vyf koeie saamgebring en ’n kraal langs my plakkershut opgerig. Toe was hier oop grond met digte bosse en almal het ’n perseel afgemerk en ’n hut opgerig.”

Sy Hop-huis is in 2011 opgerig, waarna hy ’n groter kraal in sy agterplaas opgerig het.

“Die munisipaliteit het die area skoongemaak en nêrens spasie gelos vir ’n kraal nie,” sê hy.

Plaatjie besit vandag 14 koeie. Hulle wei in ’n gebied weg van sy huis en sy seuns bring die beeste voor donker terug kraal toe. Ongelukkig word die beeste soms op die Rocklands-pad raakgery, of veediewe steel van hulle. Soms word hulle ook geskut omdat hulle op ander kleinboere se grond wei.

Hy en sy bure kom nie meer goed oor die weg nie omdat hulle oor vlieë en die reuk kla.

“Soms moet ek mense se hekke regmaak, want hulle sê my koeie het dit oopgestamp op soek na gras en kos.”

’n Inwoner wat anoniem wil bly, is kwaad omdat Plaatjie en ander kleinboere tussen nuut geboude Hop-huise boer.

“Ons het voortdurend troppe koeie, snorkende varke, hoenders en bokke wat op ons werwe kom soek na weiding.’

Sedert 2000 bly die regering grond skoonmaak en bosse wegkap om meer huise te bou.

GroundUp het ses kleinboere in Gunguluza se Hop-gebied besoek. Hulle is meestal bejaardes.

William Nyiki (73) vertel ’n soortgelyke storie as Plaatjie s’n. Hy het drie dekades gelede hiernatoe getrek, deel sy huis met vier kinders en hou hoenders en koeie aan.

“Sedert 2000 bly die regering grond skoonmaak en bosse wegkap om meer huise te bou,” sê hy.

“Ons het krale verder weg probeer bou, maar dan kom steel mense ons vee.”

- GroundUp

Meer oor:  Grahamstad  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.