Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dominee ‘beskerm’ sy vloekende vriendin

’n Herrie het in Coligny uitgebreek om die kop van ’n gesiene NG predikant oor ’n stemboodskap wat ’n vrou van sy selfoon gestuur het. Sy waarsku daarin ’n ander vrou dat die dominee nie ’n k*ff*r is op wie sy kan skreeu nie.

Ds. Tewie Pieters, predikant van die NG gemeente Coligny-Oos. Foto: Deon Raath

Salome Hayes het die gewraakte boodskap verlede Saterdag van ds. Tewie Pieters, predikant van die NG gemeente Coligny-Oos, se foon af na Elizabeth Price, ’n inwoner, gestuur.

Sy sê onder meer: “En gaan skreeu op ’n k*ff*r in die straat want Tewie is beslis nie jou k*ff*r op wie jy kan skreeu nie, hoor.”

Sy sê in nog ’n boodskap: “Dikgat. Want ek is kwansuis só f*kk*n jaloers op jou. Ek is nie jaloers op ’n dikgat vrou soos jy nie. Hou my naam uit jou p**sbek uit en sê dit maar vir jou f*kk*n vriendinne ook. As ek jy is hou ek eerder my bek en hou op om jou bek te rek oor my. Maandag sal jy hoor van my f*kk*n prokureur.”

Dit maak jou moeg. Wat moet jy doen? Die Here se werk los?

Sommige inwoners voel nou dat Pieters hom van Hayes moet distansieer.

Pieters is in 2018 geprys vir sy versoenende rol in die gemeenskap om wit en swart gemeenskappe bymekaar te bring nadat Coligny in April 2017 weens ’n rassevoorval deur verwoestende onrus getref is. Mense het die dorp ingevaar, klippe gegooi, huise en winkels geplunder en afgebrand ná die dood van Matlhomola Moshoeu, ’n swart seun wat glo sonneblomme op ’n boer se land gesteel het.

Pieters het daarna ’n vredes­komitee gelei en die hele gemeenskap het onder sy leiding bymekaargekom om die dorp op te knap.

Maar nou lyk dit dis moeiliker vir die predikant om die vrede te herstel tussen die mense naaste aan hom.

“Tewie moes die verantwoordelike ding doen en Hayes se uitsprake veroordeel het. Hy het haar egter beskerm,” sê ’n inwoner.

Die vulgêre boodskappe wat Hayes vir Price gestuur het, het op die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se WhatsApp-groep beland nadat Price daaroor gekla het by Happy Masiba, ’n polisiebeampte. Masiba het van die boodskappe op die Whats-App-groep gedeel.

Salome Hayes
Elizabeth Price

Hayes erken sy het die stemboodskappe gestuur, maar sy sê sy het ’n emosionele uitbarsting gehad omdat Price haar daarvan beskuldig het dat sy en die getroude Pieters ’n seksuele verhouding het.

“Ek het ’n stemboodskap van haar waarin sy in soveel woorde sê ek slaap saam met die dominee. Dit het my geweldig ontstel. As sy bewyse het, moet sy dit bring. Wys vir my die foto’s.”

Hayes sê sy het intussen ’n hofbevel gekry om Price te verbied om die bewerings te versprei.

Pieters sê mense ruk die hele ding uit verband uit. Hulle wil die goeie werk wat hy en Hayes in die gemeenskap doen, verongeluk. “Daar is ’n groot aanslag teen mense soos ek en Salome wat goeie werk in die gemeenskap doen. Sy doen ongelooflike werk en dit is bitter onregverdig om haar nou in ’n slegte lig te probeer stel oor een voorval.”

Pieters sê hul grootste teenstanders is in eie geledere, in die kerk, waar onwaarhede versprei word dat hulle in ’n verhouding is. “Hulle sien jou saam ry en dan maak hulle afleidings. Dit maak jou moeg. Wat moet jy doen? Die Here se werk los?”

Hy sê Vollie Gilfillan, predikant van die Coligny-gemeente, het drie maande gelede by die Lichtenburg-ring oor hom en Hayes gekla.

“Gilfillan het ons met ’n kamera agtervolg en foto’s van ons geneem terwyl ons medisyne vir ’n pasiënt by die apteek gekoop het. Ek is daarna deur die ring ingeroep vir ’n gesprek. Daar het niks hiervan gekom nie, want ons het niks verkeerd gedoen nie.”

Gilfillan het gesê hy gaan nie kommentaar lewer nie.

Price het gesê sy word deur die hofbevel verhoed om met die media te praat.

Meer oor:  Salome Hayes  |  Tewie Pieters  |  Elizabeth Price  |  Predikant  |  Vloek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.