Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dominee bid vir polisielede toe hulle hom aftrek

Hy was dadelik gespanne toe polisielede hom onlangs by ’n padversperring vra om uit sy motor te klim.

Ds. Henk Calitz sê daar het onmiddellik ’n vrees by hom opgekom.

“ ’n Mens hoor allerhande slegte stories.”

Toe ’n kaptein hom egter vra om vir hulle te bid, het sy hart dadelik in sy keel gaan sit.

“Ek weet nie of die liewe Heer my Engels lekker verstaan het nie, maar die kaptein het sy span bymekaargeroep en ek het toe vir hulle gebid,” sê Calitz, leraar van die Hervormde gemeente Carletonville.

Ds. Henk Calitz preek al nege jaar by die Hervormde gemeente Carletonville.
Ds. Henk Calitz doop ’n baba in die Hervormde kerk Carletonville.

Calitz verduidelik hy was verlede Vrydag van Parys na Carletonville onderweg toe hy tussen Parys en Fochville by ’n padversperring gestop word.

“Ek het bietjie meer as ’n week gelede ’n tannie in Parys gaan haal omdat sy bloedoortappings moes kry. Toe ons plaaslike hospitaal haar nie kon help nie het ek aangebied om haar Vrydag weer terug te vat.”

Nadat Calitz haar afgelaai het, het hy sowat 30 km buitekant Parys in die rigting van Fochville ’n padversperring teëgekom.

“Ek het vir die polisieman die hele storie verduidelik en my permit en ID gewys. Hy het gevra ek moet aftrek en het my papiere gevat. Ek was toe dadelik gespanne. Toe die kaptein my vra om ’n gebed te doen was ek regtig verbaas.”

Dit was veral die skielike rustigheid tydens sy gebed wat Calitz oorweldig het.

“Ek het die Here gedank vir hulle wat daar is. Ek het gebid vir hulle wat in hierdie moeilike tye ook harde houe vat,” sê hy.

“Jy hoor van magsmisbruik en hoe die polisie sommer net mense toesluit. Dan word al die polisie sleggesê en dit kan ook nie vir hulle maklik wees nie. Ek kon sien hulle was ook gespanne.”

Calitz sê hy het ook vir die polisielede se familie gebid.

“Daarna het hulle my hand geskud en toe alles ontsmet.”

Calitz sê die polisie het al die ander verkeer gestop sodat hy kon ry.

“Ek het heelpad met ’n knop in my keel gery. Dit was ’n ongelooflike ervaring.”

Meer oor:  Polisie  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.