Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dominee se lewe was ’n ‘voorbeeld vir almal’

Ds. Henk Calitz (40) van die Nederduitsch Hervormde kerk Carletonville in Gauteng se lewe was ’n voorbeeld vir almal.

So het ds. Marius Kramer Dinsdag tydens ’n roudiens vir Calitz gesê.

Calitz het homself op 19 Junie in die kerksaal gehang.

Kramer het gesê Calitz het die lidmate van die kerk “opgetel wanneer die lewe hulle platgeslaan het”.

Ds. Henk Calitz Foto: Facebook/Nederduitsch Hervormde kerk Carletonville

Huldeblyke het van so ver as Amanzimtoti in KwaZulu-Natal ingestroom.

Kramer het gesê niemand is ooit gereed vir die dood nie, “veral nie as dit nie so skielik kom nie”.

’n Groot foto van Calitz het voor in die kerkgebou tussen groot ruikers met proteas en rooi aronskelke gestaan.

Calitz se vrou, Martie, het in ’n huldeblyk in die begrafnisbrief geskryf: “Ons gaan jou baie mis, Bokka.” Die egpaar het vyf kinders.

Hennie Calitz, Henk se pa, het ná die diens in die kerk in trane gesê: “Dit is ’n bitter hartseerdag vir my. Ons glo hy is vandag by die Vader,” het hy gesê terwyl hy sy trane met ’n sakdoek afgevee het.

Kramer het aan die roubeklaers gesê: “Mag ons dubbeld die mens wees wat Henk Calitz was.”

Meer oor:  Henk Calitz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.