Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Don Steenkamp se familie praat oor Henri

Daar is talle ooreenkomste in die gevalle van Henri van Breda en Don Steenkamp wat hul ouers, asook broer en suster onderskeidelik vermoor het.

Van Breda is Maandag skuldig bevind aan die moorde op 27 Januarie 2015 op sy ouers, Martin en Teresa en sy broer, Rudi. Hy het ook sy suster Marli probeer vermoor en regsverydeling gepleeg deur met die moordtoneel te peuter.

“Daar is vele ooreenkomste in die feite en optrede van die moordenaars,” sê dr. Marianna Smith, suster van die vermoorde Deon Steenkamp. Hy is op 6 April 2012 saam met sy vrou, Christel, en dogter, Marthella, naby Griekwastad met twee vuurwapens tereggestel.

Marianna SmithFoto: Conrad Bornman

Don Steenkamp, wat ’n tiener was, het sy suster ook verkrag en vir die polisie gelieg en is daarom, soos Van Breda, aan regsverydeling skuldig bevind. Steenkamp dien gevangenisstraf van 20 jaar uit.

Van Breda se vonnisverhoor begin op 5 Junie.

“Die jongste uitspraak is bevestiging daarvan dat omstandigheidsgetuienis verdoemend kan wees. As familielede is daar altyd ’n greintjie twyfel of hy skuldig is, juis omdat hy volhou hy is onskuldig. Sommige mense kyk ook neer op omstandigheidsgetuienis. Die Van Breda-saak met sy soortgelyke feite, het bevestig hoe oortuigend dit is. Omstandigheidsgetuienis is moeilik om te manipuleer en daarom geloofwaardig.

“Dit is aan my verduidelik dat elke stukkie getuienis ’n veertjie is wat jy aan die een kant van die weegskaal plaas. Die laaste veertjie getuienis maak dit dan so swaar dat die skaal heeltemal swaai.”

Henri van Breda

Volgens haar is daar merkwaardige ooreenkomste in die gevalle.

“Een daarvan is die feit dat die oorlewende ongedeerd daarvan afkom, ondanks die ‘wrede aanvallers’ wat saam met hom in die huis en van sy teenwoordigheid bewus was.

“Regter Frans Kgomo het in Don se saak in sy uitspraak gesê hy was gelukkig dat die aanvallers hom so ‘goedgesind en genadig’ was. Dieselfde het in die Van Breda-geval gebeur.”

In albei gevalle is die moorde vooraf beplan en baie wreed.

“Don sowel as Henri is onemosioneel en kom gevoelloos voor. Albei het ook ’n klomp leuens opgedis. Daar was geen tekens van inbrake nie en niks is uit die huise gesteel nie.”

Albei het aangevoer vreemde boosdoeners het hulle aangeval.

“Daar hoef ook nie ’n motief te wees om aan moord skuldig bevind te word nie.

“Regter Kgomo het sy uitspraak versigtig bewoord, dalk omdat Don minderjarig was.”

Regter Shiraj Desai se uitspraak in die Van Breda-saak is duidelik uiteengesit en dit was vroeg duidelik waarheen hy gaan.

Meer oor:  Don Steenkamp  |  Henri Van Breda  |  Bylmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.