Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Don Steenkamp word 21 in tronk
Dié berig in Noordkaap op 27 Augustus 1996 kondig Don Steenkamp, eerste seun van Deon en Christel Steenkamp, se geboorte 21 jaar gelede aan. Hy was die eerste baba wat in die nuwe Mediclinic Kimberley se kraamafdeling gebore is. Foto: Argief

21 jaar gelede was Don Steenkamp die eerste baba wat op 15 Augustus in die nuwe Mediclinic Kimberley gebore is.

’n Gemeenskapskoerant het ’n berig daaroor gepubliseer met ’n foto van die kleine Don in die arms van sy trotse ouers, Deon en Christel Steenkamp.

Dinsdag vier dié moordenaar sy mondigwording alleen in ’n enkelsel in die Boksburg-gevangenis waar hy tronkstraf van 20 jaar uitdien weens die moord van sy ouers (toe onderskeidelik 44 en 43) en die moord en verkragting van sy suster, Marthella (14).

Don het hulle op Goeie Vrydag, 6 April 2012, in hul plaashuis op Naauwhoek in die distrik Griekwastad doodgeskiet. Hy is ook aan regsverydeling skuldig bevind.

Bennie Heckroodt, Don se eertydse voog, sê familielede sal Steenkamp die naweek in die tronk besoek om sy verjaardag te vier.

“Ek is nie seker of ek kan gaan nie, maar daar sal ander familielede wees. Ons sal ingevolge regulasies nie toegelaat word om koek of eetgoed te vat nie.

Don Steenkamp ten tyde van een van sy hofverskynings. Foto: Emile Hendricks

“Ons kan dalk ’n boek of skryfgoed vir hom gee. Die reëls verander van tyd tot tyd.”

Volgens ’n ingeligte kan Don ná sy mondigwording na ’n ander afdeling of gevangenis verskuif word omdat hy dan nie meer ’n jeugdige is nie.

“Dit hang egter van die beskikbare plek af en dit kan dalk ook nie dadelik gebeur nie.”

Ofentse Morwane, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, sê gevangenes het beperkte regte.

“Sy verjaardag sal nie anders as ander dae wees nie. Hy mag nie kos van buite kry nie.

“Die gevangene is steeds in die Boksburg-gevangenis. ’n Besluit om hom te verskuif, sal eers geneem word ná raadpleging met die saakbestuurskomitee.”

Volgens die woordvoerder sal Steenkamp saakverwante rehabilitasie van kundiges ontvang.

Meer oor:  Don Steenkamp  |  Tronk  |  Mediclinic
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.