Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Donderstorms in Gauteng, Suidooster looi Kaap
Hewige donderstorms word teen Sondagmiddag in Gauteng en dele van Noordwes, die Vrystaat en Mpumalanga verwag. Foto: Anena Burger

Stormsterk suidoostewinde word Sondag in Kaapstad verwag, terwyl hewige donderstorms teen die middag in Gauteng en dele van die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga kan voorkom.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat rukwinde van 80 tot 90 km/h vir Kaappunt en dele van die Kaapstad-metropool van 06:00 tot 19:00 voorspel is.

Intussen sal ’n hittegolf wat die naweek veral oor die Weskus ervaar is na verwagting tot Maandag duur, met die kwik wat tot 38 °C in party gebiede kan styg.

In Gauteng word hewige donderstorms van 16:00 tot 23:00 verwag.

In Noordwes behoort erge donderstorms oor die sentrale en oostelike dele van 12:00 tot 23:00 te duur.

In die Vrystaat word hewige donderstorms ook oor die sentrale en oostelike dele van 12:00 tot 23:00 verwag.

In Mpumalanga se westelike Hoëveld is daar ’n moontlikheid van erge donderstorms wat van 13:00 tot 22:00 kan voorkom.

Meer oor:  Weervoorspelling  |  Donderstorms  |  Donderweer  |  Suidooster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.