Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Donderstorms kan tot Dinsdagaand woed

Hewige donderstorms word nog tot Dinsdagaand vir Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal voorspel.

Venetia Phakula, weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê donderstorms in Gauteng kan Maandag laatmiddag oor die provinsie verwag word.

“Die donderstorms, wat gepaardgaan met ligte reën, sal na verwagting sowat ’n uur duur,” sê Phakula.

Vir Dinsdag word donderstorms met ligte reën ook vir Gauteng voorspel.

“ ’n Nat Woensdagoggend word voorspel, wat Donderdag heeltemal sal opklaar. Vir die res van die week kan mooi weer verwag word met temperature wat tot 30 °C sal styg.”

Inwoners van Limpopo, Mpumalanga en veral die noordelike dele van Kwazulu-Natal kan Maandag en Dinsdag donderstorms en reën verwag wat teen Donderdag sal opklaar, sê Phakula.

“Daar is ’n 60%-kans op reën in Limpopo en in Mpumalanga is dit 80%.”

Matige en koel weer word vandeesweek in die Wes-Kaap verwag.

“Teen die einde van die week sal dit warmer word in die res van dié provinsie,” sê Phakula.

Meer oor:  Donderstorms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.