Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Donkies as 'veldwagters' vir beeste ingespan
Paul Vhovha, 'n veewagter by die ZZ2-tamatieplaas in Mooketsi se veeboerdery, hou 'n wakende oog oor die donkies wat die Pinzgauer-beeste se kalfies teen jakkalse beskerm. Foto: ZZ2
: Van die veertig donkies wat by die ZZ2-tamatieplaas in Mooketsi se veeboerdery, ingespan word om Pinzgauer-beeste se kalfies te beskerm. Paul Vhovha, 'n veewagter, pas die donkies en beeste op. Foto: ZZ2
"O die donkie, o die donkie, die donkie is 'n wonderlike ding," veral in Limpopo waar hulle gebruik word om beeskalfies teen jakkalse te beskerm. Foto: ZZ2

Die donkie is inderdaad “ ’n wonderlike ding”, soos in die bekende liedjie van die sanger Chris Blighnaut – veral in Limpopo waar hulle nou selfs ingespan word om beeste op te pas.

’n Kudde donkies by die bekende ZZ2-tamatieplaas in Mooketsi naby Tzaneen, word gebruik om die kalfies van die Pinzgauer-stoetbeeste teen jakkalse te beskerm.

Paul Bester, bestuurder van ZZ2 se veeboerdery, sê kalfseisoen is elke jaar van April tot einde Mei en weer in Oktober en November. Dit is veral in dié maande dat die donkies gebruik word om jakkalse weg te hou van die pasgebore kalfies.

Die donkies en die koeie wei gedurende die kalfseisoen saam in die veld. Jakkalse is geneig om die pasgebore kalfies aan te val.

“Die donkies jaag nie die jakkalse fisiek weg nie, hul blote teenwoordigheid maak die jakkalse skrikkerig en laat hulle wegbly,” sê Bester.

Volgens hom is daar verskeie teorieë oor hoekom die jakkalse lugtig is vir die donkies.

“Ons vermoed dit is weens die toonhoogte van die donkies se gebalk. Die jakkalse kies veral die hasepad in die nag wanneer die donkies balk,” sê Bester.

Pinzgauers is ’n Europese beesras en het ’n geneigdheid om van die kudde af te dwaal en op hul eie te wei. Koeie wat kalf gaan lê gewoonlik alleen en dít maak hulle kwesbaar vir jakkalse.

Bester sê weens die droogte is daar nou meer jakkalse as gewoonlik in die veld.

“Ek het al gesien hoe ’n trop van drie tot sewe jakkalse ’n koei aanval wat besig is om te kalf. Die kalfie het geen verweer nie en die koei is uitgelewer.”

Verskeie klein wildsoorte kom voor in die bewaargebiede rondom die landerye by ZZ2.

Jakkalse word gesien as die “skoonmakers” van die veld omdat hulle onder meer die nageboortes van diere vreet. In die droogtetye is daar egter minder wild in die veld en dan hou die jakkalse ’n groter gevaar vir die beeste in.

ZZ2 het veertig donkies wat al die afgelope tien jaar gebruik word om beeste te beskerm. Sodra die kalfseisoen verby is, word die donkies van die beeste geskei, hoewel dit nie vreemd is dat donkies en beeste tradisioneel saam wei nie. “Donkies se geaardhede is beskermend. Hulle is gereeld ‘vredemakers’ wat bulle wat baklei, uitmekaar jaag,” sê Bester.

Bester sê dit is belangrik vir ZZ2 om bewus te wees van bewaring en dit is natuurvriendelik om donkies in te span om “veewagters” vir die beeste te wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.