Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Doodskiste op N2 dwing verkeer tot stilstand

Verkeer op die N2-snelweg na Kaapstad is Woensdagoggend tot stilstand gedwing toe stakende begrafnisondernemers die pad met doodskiste versper het.

Richard Coleman, verkeerswoordvoerder van die Kaapstad-metro, sê dat ’n konvooi begrafnisondernemers op die snelweg betoog het.

“Die groep van sowat 100 mense was glo op pad na die departement van binnelandse sake in Kaapstad toe hulle op die snelweg gestop en doodskiste in die pad neergesit het. “Die N2 tussen Borcherds Quarry-weg en die lughawe-afrit is tydelik gesluit en die polisie en verkeersbeamptes is ontbied om wet en orde te handhaaf.”

Die betogers op die N2-snelweg.

Coleman sê die snelweg is gou heropen en die betogers het na die kant van die pad toe beweeg.

Begrafnisondernemers betoog landwyd oor ’n aantal kwessies, insluitend die uitkontraktering van lykshuisdienste.

Die staking van drie dae word deur die Unification Task Team (UTT) gelei wat 17 begrafnisverenigings en -forums verteenwoordig en kom nadat die bedryf se versoeke aan die regering oor regulasies in die bedryf glo geen gehoor gevind het nie.

Die Wes-Kaap se departement van gesondheid het vroeër vandeesweek gesê dat begrafnisondernemers wat gekontrakteer is om ’n diens aan die departement in die provinsie te lewer, nie deelneem aan die staking wat Maandag begin het nie.

Llewellyn Prince het Dinsdag berig die staking sal volgens die UTT se nasionale sameroeper, Thokozani Dladla, Donderdag afgelas word nadat die regering glo aan die meeste van die stakende begrafnisondernemers se eise toegegee het.

Meer oor:  Richard Coleman  |  Kaapstad  |  N2-Snelweg  |  Doodskiste  |  Stilstand  |  Begrafnisondernemers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.