Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dorp trek laer om gesin nadat 2-jarige doodgery is
Fred en Marché Holtzhausen met NJ (3) en Malan (2). Foto: Facebook

Die hegte gemeenskap van Graaff-Reinet trek laer om ’n jong gesin nadat ’n tweejarige kind hier doodgery is.

Die ongeluk het verlede Donderdag omstreeks 17:30 in Spandauville gebeur toe Marché Holtzhausen, eienaar van die Réve-skoonheidsalon, in trurat uit haar oprit gery het en onbewus was daarvan dat haar seuntjie, Malan, agter die motor was.

“Ons hele gemeenskap is geruk en beleef saam met die gesin intense hartseer oor dié verlies,” het ’n vriendin van Holtzhausen aan Netwerk24 gesê.

“Dit was werklik net ’n fratsongeluk wat enigeen kon oorkom, en dis seker maar prosedure, maar dis absoluut belaglik dat die polisie ’n saak van strafbare manslag ondersoek.”

Volgens die vriendin was Holtzhausen op pad na ’n oefenklas toe die ongeluk gebeur het.

Volgens kapt. Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder, is die kind na die plaaslike Midlands-hospitaal, slegs enkele strate van die Holtzhausens se huis, gehaas. Hy is egter by sy aankoms dood verklaar.

Die gesin het nie op medianavrae gereageer nie, maar ’n anonieme vriend van Fred Holtzhausen, Malan se pa, het gesê die gesin is teen dié tyd oorweldig deur medianavrae, en het gevra dat hulle met rus gelaat word.

“Sover ek weet, het hulle gister (Maandag) van klein Malan afskeid geneem en ’n diens word Saterdag gehou.”

Meer oor:  Graaff-Reinet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.