Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dosent dood nadat hy in sloot op kampus val

’n Dosent aan die Noordwes-universiteit (NWU) is die naweek in ’n fratsongeluk dood.

Rudi van de Venter is die naweek dood nadat hy in ’n sloot op die terrein van Noordwes-universiteit geval het. Foto: NWU-webblad

Rudi van de Venter (48), ’n dosent verbonde aan die fakulteit opvoedkunde, het in die vroeë oggendure van Saterdag in ’n sloot op die universiteit se kampus in Potchefstroom geval wat onlangs vir herstelwerk gegrawe is.

Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, sê Van de Venter was Saterdag omstreeks 01:30 te voet op pad na sy kantoor op die universiteitsterrein toe hy vermoedelik in die sloot geval het.

“ ’n Veiligheidswag het hom om 06:20 in die sloot opgemerk. Hy was toe reeds dood,” sê Jacobs.

Hy sê die universiteit is plek-plek besig om lekke in waterpype op die terrein te herstel. Volgens Jacobs is daar veiligheidsnette aangebring waar die herstelwerk gedoen word.

“Die NWU betreur die afsterwe van Rudi, veral onder sulke tragiese omstandighede,” sê Jacobs.

“Daar is reeds vir berading gereël vir personeel en studente van die fakulteit asook familie. Dit word vanaf die universiteit gedoen.”

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, het bevestig dat ’n geregtelike doodsondersoek gedoen word.

Luidens inligting wat nie deur die polisie bevestig is nie, het Van de Venter kop eerste in die sloot geval.

Meer oor:  Rudi Van De Venter  |  Potchefstroom  |  Sloot  |  Dosent Dood  |  Nwu  |  Frantsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.