Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
NVG slaan toe op Guptas se huis, ander bates
Die polisie en doeane-beamptes Maandagmiddag by die Guptas se huis in Saxonworld, Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla

Amptenare van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid het Maandag onder meer op die omstrede Gupta-familie se woning in Saxonwold, Johannesburg, toegeslaan.

Luvuyo Mfaku, NVG-woordvoerder, sê hulle is besig om in samewerking met onder meer die Valke en ‘n kurator ‘n inventaris van die bates van sekere maatskappye wat bande met die Gupta-broers het, op te stel.

“Die Batebeslagleggingseenheid het ‘n interdik bekom rakende die Estina-suiwelplaasprojek in Vrede in die Vrystaat. Ons is tans besig om dit uit te voer. Dit gaan nie noodwendig oor individue nie, maar oor die bates van maatskappye soos Oakbay, Sahara Computers en ander,” sê Mfaku.

Volgens hom is die amptenare besig om bates, wat helikopters, meubels, bankrekenings en plase insluit, te identifiseer, en ‘n inventaris en waardasie daarvan op te stel.

“Daar sal dan ‘n bevel op die betrokkenes beteken word wat hulle inlig dat die bates nou onder kuratorskap is en dat niks daarvan verwyder mag word nie,” sê Mfaku.

Dit volg nadat ses mense in Februarie aangekeer is op onder meer aanklagte van korrupsie, geldwassery en bedrog.

Een van hulle is Varun Gupta (32), ’n direkteur van Oakbay en ’n susterskind van die Gupta-broers. Hy woon in Saxonwold. Een van die lasbriewe vir arrestasie vir dié klopjag was vir Ajay Gupta, het die Valke destyds bevestig.

Hy was vermoedelik egter toe reeds landuit.

Ajay en Atul Gupta. Foto: Argief
Die Guptas se luukse straler. Foto: Argief
Meer oor:  Luvuyo Mfaku  |  Guptas  |  Johannesburg  |  Saxonworld  |  Klopjag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.