Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dreigboodskappe op onthoofde vrou se selfoon

Die polisie ondersoek dreigboodskappe van ’n man op die selfoon van Elna-Marie Abbott wie se onthoofde lyk Vrydag op ’n treinspoor in Windhoek gekry is.

Elna-Marie Abbott (29) Foto: Facebook

Abbott (29), ’n niggie van die sangeres Elizma Theron, was ’n opgeleide sjef van Walvisbaai en het na verneem word werk in die hoofstad gaan soek. Sy was enkellopend en volgens bronne ’n depressielyer.

Daar is aanvanklik vermoed sy het haar eie lewe geneem, maar van haar wonde is oënskynlik nie deur treinwiele veroorsaak nie.

Abbott is Woensdag omstreeks 21:30 as vermis aangemeld. Insp. Kauna Shikwambi van die polisie het aan The Namibian gesê ’n masjinis het iemand op die spoorlyn sien lê en die trein tot stilstand gebring. Die onthoofde lyk is op die spoor onder die trein gevind. Dis ’n klipgooi van ’n winkelsentrum en naby David Hosea Meroro-weg.

Ure later het die polisie haar silwer Volkswagen Golf in ’n ondergrondse parkeerterrein by die Merensky Tower B&B, sowat 2 km daarvandaan, opgespoor.

Abbott se Volkswagen Golf is in ’n ondergrondse parkeerterrein van die Merensky Tower in Windhoek gevind. Foto: Informanté

Haar selfoon, drie tasse met klere, boeke en grimering is in die motor gevind. Die selfoon is nou die middelpunt van die polisieondersoek nadat boodskappe van ’n dreigende aard daarop gevind is. Daar was ook twee briewe in onderskeidelik Afrikaans en Engels in die motor. Die presiese aard en inhoud van die briewe en die dreigboodskappe is nog nie bekend nie.

’n Ontvangsvrou by die Merensky Tower B&B het aan die plaaslike koerant Informanté gesê Abbott het Donderdag omstreeks 17:00 daar opgedaag en haar motor geparkeer. Sy het ’n nota aan die ontvangsvrou gegee met die versoek dat hulle die motorsleutels hou. ’n Man van Kaapstad sou dit die volgende oggend 10:00 kom haal. Abbott het volgens die ontvangsvrou ook gesê voordat dit gebeur, moet niemand gebel word nie.

Theron het Vrydag aan Netwerk24 gesê sy glo vir geen oomblik stories dat haar niggie haar lewe geneem het nie.

’n Familieverteenwoordiger het aan Rapport gesê hulle verkies om nie nou kommentaar te lewer nie. “Ons hardloop nog rond en ons selfoonbatterye is pap.”

Meer oor:  Elizma Theron  |  Elna-Marie Abbott  |  Walvisbaai  |  Ondersoek  |  Vermoor  |  Onthoof  |  Polisie  |  Dreigboodskappe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.